Akademie

Sport

Kultuur

Hartklop

Personeel

Hulpbronne

Kontak Ons

AANSOEK OM TOELATING VIR 2025

Aansoek om toelating vir graad 8 in 2025

AANSOEK OM TOELATING VIR GRAAD 8-LEERDERS IN 2025

Beste voornemende Kempie-ouer

Om u kind vir graad 8 (2025) by Hoërskool Kempton Park in te skryf moet die volgende stappe gevolg word:

U word versoek om die aanlyn AANSOEK OM TOELATING vir Hoërskool Kempton Park te voltooi.

  • Die aanlynaansoeke kan vanaf 29 April 2024 gedoen word.
  • Registreer uself op die bladsy, waarna u ‘n tydelike wagwoord per SMS sal ontvang om sodoende die res van die aanlynaansoek te voltooi. Voltooi asseblief die aansoek volledig. Sodra u die aansoek aanlyn ingedien het sal u en die skool bevestigings per e-pos ontvang.

Dokumente wat die aansoek moet vergesel:

  • Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
  • Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
  • Nuutste rapport of vorderingsverslag;
  • Bewys van adres;
  • Gedeeltelike skoolgeldpaaiement van R 950.00. Die bedrag vorm deel van 2025 se skoolgeld en is ten volle terugbetaalbaar indien u kind nie by Hoërskool Kempton Park geplaas word nie. Indien u nie die bedrag betaal wanneer die aansoek ingehandig word nie, sal dit nie u kind se aansoek benadeel nie, maar moet die verpligting afgehandel wees teen die sluitingsdatum vir die GDO-aansoeke.
    Die gedeeltelike skoolgeldpaaiement kan SLEGS tydens die indiening van die aansoekvorm by die skool (per afspraak) betaal word.
  • Bewys van registrasie op GDO se platform en waglysnommer (u kan dit later deurgee sodra die GDO-aansoekproses begin.

Let asb. daarop dat onderstaande aanlynaansoek nie verband hou met die GDO se aanlynplatform nie, en u ook daarop MOET registreer sodra die platform oopgestel word.

    Omdat Kempies u besonderhede het nadat u die aanlynaansoek voltooi en ingehandig het, sal ons met u kan kommunikeer sodra meer inligting vanaf die GDO ontvang word.

    Indien u enige hulp benodig kontak gerus vir Me. Renè Meyer by accounts@kempies.co.za

    Ouers word slegs per afspraak op die skoolterrein toegelaat om die hardekopie aansoek om toelating en dokumente te kom inhandig

    Hoe om ‘n afspraak te maak om die dokumentasie in te handig:

    • Stuur ‘n e-pos aan accounts@kempies.co.za met u kind se naam en van asook die datum en tyd wat u graag die skool wil kom besoek om die inhandiging te kom doen.
    • U sal per e-pos bevestiging ontvang of die datum en tyd geleë is.
    • Kempies se kantoorure is:

    Maandag – Donderdag: 08:00 – 13:00 en Vrydag 08:00 – 12:00