Akademie

Sport

Kultuur

Hartklop

Personeel

Hulpbronne

Kontak Ons

SKOOLGELDE 2024

Die jaarlikse skoolgeld vir 2024, soos aanbeveel deur die Beheerliggaam en goedgekeur op die Algemene Jaarvergadering van 30 Oktober 2023, is as volg

  • Enigste kind R30 820.00 waarvan R900.00 reeds betaal is in Oktober 2023 en die verskil van R29 920.00 teen R2 720.00 per maand is betaalbaar oor 11 maande vanaf 7 Januarie tot 7 November 2024.
  • Twee kinders of meer R61 640.00 waarvan R1 800.00 reeds betaal is in Oktober 2023 en die verskil van R59 840.00 teen R5 440.00 per maand is betaalbaar oor 11 maande vanaf 7 Januarie tot 7 November 2024.
  • Indien skoolgeld ten volle betaal is teen 31 Desember 2023, sal ‘n afslag van 10% (R2 992.00) vir 1 leerder of (R5 984.00) vir 2 of meer leerders toegestaan word.
  • Indien skoolgeld ten volle betaal is teen 28 Februarie 2024, sal ‘n afslag van 5% (R1 496.00) vir 1 leerder of  (R2 2992.00) vir 2 of meer leerders toegestaan word.
  • Alle nuwe inskrywings, insluitende Gr.8’s t.o.v 2024 se eerste, nie terugbetaalbare, gedeeltelike skoolgeldpaaiement beloop R900.00, betaalbaar by inskrywing.
  • ‘n Gedeeltelike eerste nie terugbetaalbare skoolgeldpaaiement van R900.00 per kind vir 2024 is betaalbaar voor of op 7 Oktober 2024.

Skoolgeld word gehef vir 11 maande vanaf Januarie tot November en is maandeliks betaalbaar voor of op die 7de van elke maand. ‘n Gedeelte van die skoolgeldpaaiement per leerling vir die daaropvolgende jaar, word in September van elke jaar gehef. Alle nuwe leerlinge wat gedurende die loop van 2024 inskryf, betaal ‘n gedeeltelike eerste skoolgeldpaaiement van R900.00 per leerder.

AGTERSTALLIGE SKOOLGELD

Die betaling van skoolgeld is kragtens die Skolewet, 1996 (No 84 van 1996) verpligtend.  Tensy u volgens Art.39 van die Skolewet kwalifiseer vir vrystelling van skoolgeld, sal u aanspreeklik gehou word vir die invordering van skoolgeld. Ouers wat finansiële probleme het met skoolgeldbetaling, kan ‘n kwytskeldingsvorm by die kantoor aanvra en ‘n afspraak met Me. R. Meyer reël.

Ek/ons stem toe dat die skool die persoonlike inligting wat ons aan die skool verskaf, van my/ons en die leerder wat by die skool ingeskryf is te versamel, bewaar en opdateer.

Ek/ons stem in dat die skool die nodige persoonlike inligting slegs vir ‘n wettige doel aan ‘n gemagtigde verteenwoordiger van die skool kan verskaf.

Ek/ons stem verder in dat die skool of die skool se gemagtigde verteenwoordiger redelike stappe mag neem om te verseker dat ons persoonlike inligting volledig, akkuraat en nie misleidend is nie en waar nodig opgedateer mag word.

ELEKTRONIES, INTERNET OF TELEFOONBANK

Stuur asb. duidelike bewyse van die betaling met die leerling se rekeningnommer om verwarring op die bankstaat te vermy. Die bankbesonderhede is soos volg: STANDARD BANK, TJEKREKENING: 002682303, TAKKODE: 051-100. Enige navrae by die bank om die identiteit van ‘n betaling op te spoor, is vir die koste van die betaler.

KREDIET OF DEBIETKAARTE

Die skool beskik oor ‘n krediet/debietkaart fasiliteit.

ELEKTRONIES, INTERNET OF TELEFOONBANK

Om die risiko van kontant se hantering uit te skakel, doen ons ‘n beroep op u om u skoolgeld betalings per debietorder te doen.

HIERMEE ENKELE VOORDELE WAT DIE SISTEEM VIR U INHOU:
  • Geld word nie deur u kind, onderwyser en/of administriewe personeel hanteer nie.
  • Die risiko dat geld verlore kan raak, word uitgeskakel.
  • Debietorder betalings verbeter die kontantvloei van die skool.

 LAAI DEBIETORDEROPDRAGVORM HIER AF

Indien u nog nie deel van die stelsel is nie, versoek ons dat u die debietorder voltooi. Vorms is ook by die kantoor beskikbaar. Indien u debietorder vir die vorige jaar gekanselleer is, moet u weer een voltooi.

Slegs een debietorder per gesin word voltooi. Debietorders vir bestaande leerlinge gaan outomaties voort in die volgende jaar.

Indien die debietorder deur die betrokke bank geweier word, sal die koste daarvan teen u rekening gedebiteer word.

SOEK U MEER INLIGTING?

KONTAK ONS

    +27 11 970 2102 / 3 

    ACCOUNTS@KEMPIEFIN.CO.ZA

OF

Voltooi hierdie vorm dan bel ons u terug binne 48 ure.