
Embrace English

English Speech Competitions

Individuele redenaars

Kempies Got Talent

Kunswedstryd

Koor

Leierskap

Mnr. & Mej. Kempie
Revue

Spanredenaars

Toneel
EMBRACE ENGLISH

Organiseerder
Me. H Harmse
The English Department takes part in the National Department’s Nal’ibali reading programme which consists of various projects. In grade 8 and 9 we participate in the “Drop down and Read” day, the “World Read Aloud” day and we commemorate various special days e.g., World Poetry Day on 21 March, World Book Day on 23 April and Mandela Day on 18 July, amongst others.
SALA, the South African Literary Association, hosts a number of annual competitions. In 2022 we have learners from grade 8 to 12 who are taking part in the National Prepared Reading Competition. We are also taking part in the Spelling Bee – something new at Kempies!
Kontakpersoon:
Me. Heidi Harmse: hharmse@kempies.co.za
SPANREDENAARS

Organiseerder
Me. M Scholtz
Spanredenaars is een van die vele kultuuraktiwiteite wat by Kempies aangebied word. Dit is ’n dinamiese aktiwiteit wat leerders nie net blootstelling aan diversiteit bied nie, maar hulle ook toerus met ’n noodsaaklike lewensvaardigheid — om met selfvertroue en gemak voor ’n gehoor te praat.
Oor die grade heen is daar 20 spanne, elk bestaande uit vier lede. Hierdie spanne is ’n gebalanseerde samestelling van seuns en dogters wat ’n gemeenskaplike doel nastreef, om sáám beoordelaars en gehore van hul standpunt te oortuig. Spanwerk, strategiese denke en oortuigingskrag staan sentraal tot hul sukses.
Ons spanredenaars verteenwoordig die room van ons kultuur en ons spog met talle nasionale wenners wat reeds hul merk gemaak het.
Ons neem deel aan die volgende kompetisies:
- Radikale Redenaars
- Interskole Redenaarskompetisie
- Artistatue Nasionale Redenaarskompetisie
- Con Spirito Spanredenaars
Kontakpersoon
Me. M Scholtz: mscholtz@kempies.co.za
INDIVIDUELE REDENAARS

Organiseerder
Me. Z Du Randt
Redenaars daag leerders uit om vinnig te dink, helder te redeneer en hul standpunte met oortuiging oor te dra. By Kempies praat seuns en dogters nie net nie — hulle praat raak. Hulle sê wat gesê moet word, met selfvertroue, insig en styl.
Redenaars bied die ideale platform om skerp en doelgerig te kommunikeer, met net genoeg finesse en humor om ’n gehoor vas te vang én te oortuig.
Kempies het oor jare bewys waartoe ons sprekers in staat is. Ons redenaars ding met selfvertroue mee op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak en spog met verskeie nasionale wenners in verskeie afdelings.
By Kempies kry sprekers die geleentheid om aan verskeie kompetisies deel te neem, onder andere:
- Radikaal
- Artistatue
- Con Spirito Individuele Redenaars
- ATKV
- Oppie Tong Af
- Interskole
Redenaars is meer as net ’n aktiwiteit — dit is voorbereiding vir die lewe. Dit kweek selfvertroue, slyp kritiese denke en leer leerders om met oortuiging aan enige gesprek deel te neem.
Dit is hier waar jou woorde saak maak.
Kontakpersoon:
Me. Z Du Randt: zdurandt@kempies.co.za
KEMPIES GOT TALENT

Organiseerder
Me. B Theron-Laubscher

Organiseerder
Mnr. P Da Costa
Kempies Got Talent (KGT) vorm deel van die Kempieraad kultuurportefuelje en is ‘n ware hoogtepunt op ons kultuurkalender. Hierdie skouspel bied die geleentheid vir Kempies om hul talente op die verhoog ten toon te stel. KGT bied ‘n platform vir sangers, dansers, akteurs, komediante en musikante om die talent binne hulself te ontdek, uit te leef en gehore te bekoor.
KGT is ‘n jaarlikse talentskouspel waar Kempies individueel of in groepe kan deelneem na die oudisieproses. Tydens hierdie spoggeleentheid word leerders se selfvertroue en kreatiwiteit ontwikkel en ons leerders se talente word ten toon gestel.
Kontakpersoon:
Me. B Theron-Laubscher: blaubscher@kempies.co.za
Mnr. P Da Costa: pdacosta@kempies.co.za
Me. M Pieterse: madri@kempies.co.za
TONEEL

Organiseerder
Me. S Gerber
Teater is ‘n uitstekende leerskool vir alle leerders en dit bied ‘n platform vir ontwikkeling. Teater is vir akteurs en aktrises ‘n ware tuiste wat deurlopende leer inspireer. Kempies toneel bied aan elke leerder ‘n avontuur wat hul lewenslank sal bybly. Dit skep ook ‘n platform waar akteurs en aktrises hul verskeidenheid talente kan kom beoefen. Toneel is ‘n veilige plek waar leerders vaardighede – soos hoe om met selfvertoue voor mense te kan praat – ontwikkel.
Hoërskool Kempton Park is opgewonde om elke jaar nuutgeskrewe stukke op die planke te bring. Ons skryf vir verskillende kompetisies in waaronder ATKV Tienertoneel, FAK Allegretto toneelfees en Pronk Podium, om net ‘n paar te noem. Ons spog ook met produksies wat slegs deur leerlinge uitgevoer word.
Prestasies:
Hoërskool Kempton Park se toneelstukke het in die verlede nie net geïnspireer nie, maar verhoë laat bewe. Ons is ongelooflik trots om te kan sê dat ons toneelstukke in die verlede al na provinsiale kompetisies deurgedring het asook as wenners uitgetree het in die 2019 nasionale finaal van Op die Planke–toneelfees. Ons tonele ontvang elke jaar ‘n wavrag toekennings by die verskeie kompetisies vir hul uitstekende optredes.
Afrigters:
Algehele Produksie
| Me. S Gerber | Me. M Bothma |
| Me. N van Huyssteen |
Kontakpersoon:
Me. Marquericke Bothma: mbothma@kempies.co.za
KOOR

Organiseerder
Me. R Cromhout

Organiseerder
Maralie Theron
Die Kempiekoor bestaan uit 105 lede. Die koor doen drie-stemmige werke wat gewyde werk, Afrikamusiek en kontemporêre musiek insluit.
Prestasies in 2022:
Die Kempiekoor het goud verwerf by die ATKV-uitdunne en deurgedring na die landsfinaal.
Hoogtepunte is ‘n jaarlikse koorkamp, deelname aan die ATKV kompetisie, die Tswane Youth Arts Festiva, verskeie koorfeeste en ‘n luiterruke gala-aand in September om die jaar mee af te sluit.
Die koor oefen Maandae vanaf 15:00 in die skoolsaal.
Afrigters:
Herman Swanepoel is die afrigter en dirigent. Benewens die Kempiekoor is hy ook betrokke by die UP Youth Choir, wat die Universiteit van Pretoria se jeugkoor is. Hy doseer sang by Pretoria Girls’ High en is ook die afrigter van Girls’ High se koor. Die koor word begelei deur
Morné van der Westhuizen. Hy is ‘n ervare begeleier en komponeer musiek vir die Kempiekoor.
Maak gerus kontak!
Kontakpersoon:
Me. Reinett Cromhout: rcromhout@kempies.co.za
KUNSWEDSTRYD

Organiseerder
Me. Z Du Randt
Kunswedstryd bied aan leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit sigbaar te maak en hul stem op unieke maniere te laat hoor. Dit is nie net ’n kompetisie nie, maar ’n platform waar talent ontwikkel, selfvertroue groei en harde werk erken word.
By Kempies is kunswedstryd ’n belangrike deel van ons kultuurlewe. Leerders neem jaarliks aan verskeie kompetisies deel, waarvan baie skoolleerders onder andere inskryf vir die Con Spirito kunswedstryd en Nova Arte. Hierdie geleenthede gee aan leerders die kans om hul vaardighede te slyp, terugvoer van kundiges te ontvang en hulself teen ’n hoë standaard te meet.
Kempies se kultuurleerders presteer konsekwent op ’n hoë vlak, met ’n indrukwekkende aantal Prestige-toekennings en afdelingswenners. Ons kultuurlewe blom nie net in deelname nie, maar in uitnemendheid.
Dit gaan nie net oor wen nie, dit gaan oor groei, uitdrukking en die moed om jou talent met die wêreld te deel. Elke optrede, elke kunswerk en elke uitvoering vertel ’n storie. By Kempies sorg ons dat daardie stories raakgesien en waardeer word.
Kontakpersoon:
Me. Z Du Randt: zdurandt@kempies.co.za
LEIERSKAP

Organiseerder
Me. L Ernst
Kempies leierskap poog om leierskapontwikkeling tot ‘n volgende vlak te bevorder deur geleenthede te skep waar leerders leierskapvaardighede aanleer en moet toepas met die doel om te groei tot verantwoordelike, goedontwikkelde individue.
Ons dien die skool deur diens te lewer en die Kempie-lewe lekker te maak deur goedgeordende aktiwiteite te reël vir ons Kempies.
Komitee:
Kempieraad:
Mnr. Allan Henwood
Mnr. Gawie Visagie /me. Marquericke Bothma/ me. Bettie Vivier
VLR:
Me. Madri Pieterse / me. Jolanda van Staden
Prestasies:
Suksesvolle aanbieding van Big Brag by die atletiek, die organisering van die valentynsbal en liefiedans, asook die eerstespan voorstellings, opening en afsluitings, top 10 voorstellings en aantreebladorde.
Kontakpersoon:
Me. Linda Ernst: lernst@kempies.co.za
MNR & MEJ KEMPIE

Me MJ Pinto
Organiseerder
Me MJ Pinto
Mnr. en Mej. Kempie is ‘n opwindende, spoggerige en elegante geleentheid wat elke tweede jaar plaasvind.
Die wenners dra hul titel vir twee jaar. Die spoggeleentheid is beslis nie net ‘n skoonheidskompetisie nie. In hierdie proses leer Kempies baie van hulself en leer hulle om onder andere voor ‘n groot gehoor op te tree, uitrustings te modelleer en hoe om jouself te handhaaf wanneer die kollig op jou val. Leerders kry die kans om hul selfvertroue, persoonlikheid en selfbeeld op ‘n ander vlak te ontwikkel.
Deelnemers leer dans, loop op ‘n loopplank, leer iets van verhoogbestuur asook bemarking.
By Mnr & Mej Kempie glo ons dat elke kind uniek en spesiaal is.
Die doel van die geleentheid is om leerders te help groei in:
Selfvertroue
Selfbeeld
Sosiale vaardighede
Kreatiwiteit
Spanwerk en sportmanskap
Hierdie spesiale geleentheid fokus nie net op voorkoms nie, maar ook op karakter, want na die aankondiging van hul titels, begin die werke van welwillendheid. Vir ‘n jaar een keer elke kwartaal doen die wenners ook uitreike, waar ons ‘n verskil maak in ons skool en gemeenskap. Leerders leer ook hier dat ware verskil eers in ons harte moet begin en dat liefde die grootste waarde tot verskil voeg
Elke tweedejaar volg ons ‘n spesiale tema wat die leerders aanmoedig om kreatief te dink en hul persoonlikheid uit te druk.
Kontakpersoon
Me. MJ Pinto: cpintp@kempies.co.za
REVUE

Organiseerder
Mnr. P. Da Costa
Kempies Revue laat die kultuurvlam beslis helder brand! Hierdie energieke groep bring sang, dans en passie saam in ’n vertoning waar die vonke spat. Met sowat 90 talentvolle leerders wat hulle ritme en kreatiwiteit uitleef, is die Revue ’n fees van talent en toewyding.
Kempies Revue verteenwoordig ons skool met trots op plaaslike én nasionale verhoë:
- Nova Arté Kunswedstryd
- Tshwane Jeugkunstefees Kaleidoscope Revuekompetisie
- SA Revue Kampioenskappe
- 8 Beats Revuekompetisie
Prestasies:
Kempies Revue het die volgende prestasies in 2025 behaal:
- Prestige (A++; 95%+) en Itemwenner – Nova Arté Kunswedstryd
- 3de plek – SA Revue Kampioenskappe
- 3de Plek in intermediêre kategorie – Tshwane Jeugkunstefees Kaleidoscope Revuekompetisie
Afrigters:
Mnr. P Da Costa
Me. R van Huyssteen
Kontakpersoon:
Mnr. P Da Costa: pdacosta@kempies.co.za
Me. R Brodie: rbrodie@kempies.co.za





ENGLISH DEBATE,
PUBLIC SPEAKING
& SPEECH COMPETITIONS

Organiseerder
Me. D Doman
English Speech Competition:
English Speech Competition is ‘n interne kompetisie waaraan die hele skool deelneem in hul Engels-klasse. Daarna neem die beste sprekers per graad aan die finale rondte deel. Daar word ‘n graadwenner en plekke aangedui. Daar word ook ‘n beste junior en senior spreker, asook algehele beste spreker aangewys wat elk ‘n trofee verower. Daardie wenners ontvang ook verskeie pryse.
Public Speaking:
Ons beste Engelssprekers neem aan eksterne kompetisies, soos Segarona en On the Tip of your Tongue deel. Ons het al sprekers gehad wat op nasionale vlak kompeteer het en as wenners aangewys is.
Model United Nations Debate (Model UN):
Voor Covid het die Kempies aan groot kompetisies soos die MTN Model UN deelgeneem en ‘n derde plek verower het met die beste “Draft Resolutions Document”. Leerders neem in spanne, wat elk ‘n wêreldland verteenwoordig, deel. Die verskeie spanne/skole bespreek ‘n internasionale aangeleentheid wat almal raak, soos bv. die Rusland-Oekraïne konflik. Spanne bespreek die problem volgens die denkwyse, kultuur en standpunte van die land wat hul verteenwoordig. Kempies neem vanjaar weer deel aan ‘n Mini-MUN en beoog om ons eie kompetisie in samewerking met die SAIIA en die Departement van Onderwys te loods.
English Debate:
Kempies neem aan verskeie Engels debatte deel. Kempies debatteer gewoonlik volgens die World Schools ’Debate-formaat.
Prestasies:
2022: Wenners van die Ekurhuleni Noord FET Group Public Speaking
2021: Tweede plek by die SACR Public Speaking Competition
2020: Tweede plek by die Waterwese Public Speaking Competition
Kontakpersoon:
Me. Debbie Doman: Ddoman@kempies.co.za

