
Sport Soorte

Atletiek

Bergfiets

Gholf

Hengel

Hokkie

Jukskei

Krieket

Landloop

Luggeweerskiet

Muurbal

Netbal

Ruitersport

Rugby

Ringbal

Skaak

Tennis
MUURBAL

Organiseerder
Me. A Harmse
Muurbal (Squash) is ‘n hoë-intensiteit raketsport wat gespeel word in ‘n geslote onderdakbaan met ‘n klein, hol rubberbal. Spelers slaan die bal afwisselend teen die voormuur, wat spoed, ratsheid en taktiese presisie vereis om die bal te laat bons voordat die teenstander dit kan terugbesorg.
Afrigters:
Mev. A. Harmse
Mev. K. Dumas
Prestasies:
2025- 2de plek behaal in die Easternsliga (A en B spanne)
Kontakpersoon
Me. A Harmse: aharmse@kempies.co.za
SKAAK

Organiseerder
Mnr. J Meyer

Fasiliteerder
Mnr. C du Toit

Organiseerder
Me. A. Kruger
Kontakpersoon
Me. A Kruger: akruger@kempies.co.za
Skaak ontwikkel ‘n persoon se breinkrag op verskillende vlakke. Kempies skaak bied die geleentheid om lewenslange vaardighede soos konsentrasiespan, kritiese denke, probleemoplossing en strategiese beplanning aan te leer en te ontwikkel.
Die breinboffins agter die skaakmat kan dus met dié sportsoort ‘n skuif in die regte rigting maak wanneer hul deel word van die Kempies skaakspan.
GHOLF

Organiseerder
Mnr. A Esterhuizen
Kontakpersoon
Me. A Esterhuizen: sporthoof@kempies.co.za
Kempies gholf bied ‘n geleentheid aan alle gholfspelers om in spanverband en individueel deel te neem op alle vlakke en teen topgehalte gholfers en skole.
Kempies speel elke jaar in die hoërskole EGU-liga in die onderskeie A-, B- en C-afdelings met ses verskillende spanne. Die A- en B-spanne verteenwoordig ook die Kempies in die NWU-gholfreeks wat oor 4 dae gespeel word teen topgehalte skole. Individueel kan jy ook op nasionale vlak deelneem aan die hoërskole EGU interprovinsiale toernooi.
Kempies het ‘n oop, gemaklike en lekker gholfkultuur, waar daar vir elke speler die geleentheid geskep word om te ontwikkel en te presteer.
HOKKIE

Direkteur
Mnr. D Da Silva

Span Organiseerder
Me. J Bezuidenhout
Kempies spog met ‘n trotse en passievolle hokkiekultuur. Kempies hokkie skep die geleentheid vir spelers om vriende te maak en weg te breek van die normale dinge van die lewe terwyl ons op hoë vlak kompeteer.
Kempies hokkie is gegrond op ontwikkeling, gelyke geleenthede, familie en dat elke speler hul Godgegewe talente uitleef. By die Kempies kan elke speler hulself uitleef met die wete dat die persoon langs hulle soos familie is. Ons poog om ‘n kultuur van omgee, opoffering, selfdissipline en deursettingsvermoë te kweek by elke speler. Ons werk hard om elke dag beter te wees as die vorige dag.
Ons afrigters het ‘n passie vir die sport, die kinders en hul ontwikkeling as spelers, maar ook as mense. Ons droom saam met elke speler en probeer om die beste moontlike geleenthede te bied om hierdie drome te bewaarheid. Na afloop van hul skoolloopbaan moet hul daarvan kan getuig dat hokkie vir hul geleenthede geskep het om te groei as mens en speler, en dat dit herinneringe sal wees waarna hulle sal verlang.
Wat bied ons?
- Kempies Astro (geopen in 2022)
- Binnenshuise hokkiebaan (geopen in 2020)
- Provinsiale afrigters: M Swanepoel, D da Silva
- Spesialis doelwagterafrigting
- Gimnasium
Algehele Prestasies:
Dogters:
- SA skolespeler: Charlize Jonker
- Kempies neem jaarliks deel aan groot toernooie soos Noordvaal, Pullen & Howell
- 3 maal Direkteurstrofeewenners (nou bekend as Noordvaaltrofee)
- Speel in die Easterns premierliga.
- Neem deel aan die JHL en HJ toernooie
Seuns:
- Kempies neem jaarliks aan groot toernooie deel soos Noordvaal, Aitken & Boden
- Speel in die Easterns premierliga
- Neem ook deel aan die JHL en HJ toernooie
Afrigters:
Dogtershokkie
| O/14 | Mnr J van Heedern Me. N Dempers | Me. K Dumas |
| O/15 | Me. R Keyter Me. S du Toit | Me. M Koekemoer |
| O/16 | Me. S Cronje | Me. A Horn |
| Tweedes | Me. J Bezuidenhout Me. M Pretorius | |
| Eerstes | Me. J Bezuidenhout | Me. D da Silva |
Seunshokkie
| O/14 | Mnr. G van Heerden | Me. M Lourens |
| O/15 | Me. A Naudé | |
| O/16 | Mnr. Y v Rensburg | |
| O/16 B | Me. M Van Deventer | |
| Tweedes | Mnr. R Buys Me. F Buys | |
| Eerstes | Mnr. B Nunn | Mnr. D Scribante |
Kontakpersoon:
Direkteur: Mnr. Dolan Da Silva: ddasilva@kempies.co.za
JUKSKEI

Organiseerder
Me. C Minnaar
Jukskei is ‘n kleiner sport wat in ‘n span van 4 lede gespeel word, met skeie en ‘n pen in ‘n sandput. Die doel is dat die pen platgegooi moet word met die skei. Die spanne speel teen mekaar en kan mekaar se punte uitkanselleer. Die doel is om ‘n skof van 21 punte te bereik. As jy meer as 21 punte kry, bars die span en moet jy van voor af begin. Juskei as sport toon baie groei en neem ook in gewildheid toe by Kempies.
Afrigters:
Me. C. Minnaar
Me. A. Harmse
Me. K. Dumas
Prestasies:
Dogters 0/16 Oos-Gauteng Ligawenners 2025
Seuns 0/19 Oos-Gauteng Naaswenners 2025
Die volgende leerders het Oos-Gauteng kleure ontvang in 2025
Johan Pienaar
Marno van Wyk
Simoné van Wyk
Ruben van Wyk
Noah Naicker.
Christine Ras was ‘n leenspeler vir die span van die Vrystaat en Schenélle Botha asook Zanté Nortje het Sedibeng verteenwoordig by die Junior SA Kampioenskappe.
Die volgende leerders het SA-kleure verwerf in Jukskei:
Simoné van Wyk was gekies vir SA Junior Akademie Meisies
Ruben van Wyk was gekies vir SA Junior Akademie Uitnodiging Seuns
Johan Pienaar was gekies vir SA Junior Akademie Seuns
Kontakpersoon:
Me. Christel Minnaar: cv@kempies.co.za
RUGBY

Direkteur
Mnr. H Coetzee
Die hartklop van Kempies rugby is die bloktrui. Dit is die droom van menige seun om die bloktrui oor sy kop te trek en vir Kempies uit te draf. Spelers van opponerende spanne weet ook om nie die bloktrui te onderskat nie…
Rugby word op hoë vlak afgerig en gespeel, teen sterk kompeterende skole, onder andere in die Noordvaal skolereeks en die NWU-reeks. Kempies se passievolle afrigters is puik gekwalifiseerd tot op provinsiale vlak. Afrigtingskursusse word deurlopend bygewoon om ons afrigters aan die voorpunt van die nuutste vaardighede te hou.
Spelers word gebrei en het die geleentheid om hulself uit te leef op die rugbyveld, terwyl hul vaardighede optimaal geslyp word. Toere vir al die A-spanne word jaarliks onderneem in hoëprofielreekse om die spangees, kameraderie, dissipline en liefde vir die spel verder te vestig.
In die derde kwartaal word 7’s-rugby ook gespeel.
Kempies beskik oor drie rugbyvelde wat puik onderhou word.
Prestasies:
1989: Beeldtrofeewenners
1993 & 2008: Beeldtrofee naaswenners
2012: Beeldtrofeewenners
2013: Beeldtrofee naaswenners
Afrigters:
O/14 Afrigters
Johan Kruger
Renier Scheepers
Marius Grové
Tiaan Delport
Francke Horn
O/15
André Esterhuizen
Andre Last
Andre Geyer
Ryno van Winkel
Ruben Schoeman
O/16
AJ Pienaar
Arno Killian
Peet van Deventer
3 + 4de Spanne
James Petersen
Clinton Maritz
Malan Claasen
Alex de Kock
1stes & Tweedes
Henno Coetzee
Mark Gläfke
Ruan van Dyk
Hendré Niemann
Kontakpersoon:
Mnr. H Coetzee: hcoetzee@kempies.co.za
LUGGEWEERSKIET

Organiseerder
Mnr. D Da Silva
Luggeweerskiet is ‘n uitdagende individuele sportsoort wat elke skut se deursettingsvermoë en konsentrasie verbeter. Luggeweerskiet word by Kempies tydens ‘n 2 ure oefensessie aangebied.
Daar is verskillende klasse waarin Kempies kan deelneem naamlik veer, sporter en presisie in die volgende ouderdomsgroepe o/14, o/16 en o/21. Kempies het ook pistoolskuts wat in ouderdomme o/12, o/14 en o/21 deelneem.
Die sport word slegs binnenshuis op ‘n 10m-afstand geskiet in 3 verskillende posisies naamlik lê, staan en kniel. Elke skut benodig sy eie toerusting soos voorgekryf deur die SANSSU-reëls.
Kempieskuts affilieer onder ESSU (Ekurhuleni Skoleskutters Unie) en onder SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutters Unie). SANSSU reguleer ook die sport om te verseker dat daar aan alle internasionale reëls voldoen word. Daar word gedurende die jaar in 6 provinsiale kompetisies en 4 interprovinsiale kompetisies geskiet. Die SA Kampioenskap vind einde September plaas waar die topskuts per provinsie deelneem. Tydends die kompetisie kan skuts hulle nasionale skolekleure verwerf.
Kempieskuts spog met uitnemende prestasies oor die afgelope jare en bou steeds voort op die tradisie. Kempieskuts presteer ook akademies uitstekend.
Prestasies:
Tanya Snyders: Senior Proteakleure
Chantelle Botha: Junior Proteakleure
Beide Tanya en Chantelle verteenwoordig Suid-Afrika ook in verskeie internasionale kompetisies
Simone Mzyk: SANSSU SA’s wenner sporterklas – 2016
Phillip Haussamer: SAARA nasionale 10m rekordhouer sporterklas 2016 en 2e plek; SANSSU wenner
Barend Botha: SANSSU SA’s wenner presisieklas – 2016
Kegan van Niekerk: Verwerf bronsmedalje SANSSU skolekleure – sporterklas 2019
Afrigters:
| Alle spanne | Mnr. Gerhardus Nel |
Kontakpersoon:
Mnr. Jandré Coetzee: jandre@kempies.co.za
BERGFIETS

Organiseerder
Me. R Wessels
Bergfiets is ’n dinamiese sport wat leerders se fisieke fiksheid, balans en tegniese vaardighede ontwikkel. Deelnemers ry op uiteenlopende terreine wat uitdagende klimme, tegniese afdraandes en rotsagtige seksies insluit. Die program bevorder deursettingsvermoë, dissipline en spanwerk, terwyl dit selfvertroue en karakter bou. Bergfiets bied ’n gesonde en stimulerende manier om die buitelewe te geniet en terselfdertyd ’n liefde vir avontuur te kweek. Hoërskool Kempton Park se bergfietsspan bou nie net prestasies op die roetes nie, maar ook karakter en spanwerk tydens hul jaarlikse spanboukamp by Sondela. Hier leer die ryers praktiese vaardighede soos hoe om wiele reg te maak en hul fietse te versorg, terwyl hulle uitdagende roetes uitry wat selfvertroue en tegniek slyp. Die kamp sluit ook spanbou-aktiwiteite, motiveringspraatjies en ’n “anti-doping”-sessie in wat die gevare van hulpmiddels beklemtoon en die belangrikheid van ’n gesonde, eerlike sportkultuur onderstreep. Dit is ’n geleentheid waar leerders nie net sterker fietsryers word nie, maar ook meer verantwoordelike, gemotiveerde jongmense wat verstaan dat ware prestasie gebou word op harde werk, dissipline en integriteit.
Prestasies:
Hoërskool Kempton Park kan met trots sê dat hulle die nasionale wenners van die Ford Trailseeker Schools Series in 2024 én 2025 is. Die Trailseeker-reeks is bekend vir sy uitdagende roetes en sterk kompetisie van skole regoor Suid-Afrika. Om twee jaar agtereenvolgens die titel te wen, bevestig dat Kempton Park se bergfietsprogram van die beste in die land is. Dit is ’n bewys dat harde werk, dissipline en passie vir die sport groot belonings bring.
Hoërskool Kempton Park se bergfietsprogram het in 2025 weer sy merk gemaak in die Cycle Lab Schools MTB Series. Die span het ’n indrukwekkende 5de plek op die Gauteng Series Leaderboard behaal, ’n prestasie wat wys dat hulle konsekwent meeding teen die beste skole in die provinsie.
Nog ’n hoogtepunt is dat vyf van die Kempies-meisies gekwalifiseer het vir die nasionale finaal. Dit is ’n groot erkenning van hul talent, vasbyt en harde werk, en gee die skool nasionale blootstelling op die hoogste vlak van skole-bergfietsry.
Afrigters:
Riaan Steyn (Buite-afrigter)
Me. R. Wessels
L. Bamm
Y. Botha
Kontakpersoon:
Me. Riëtte Wessels: rwessels@kempies.co.za
TENNIS

Organiseerder
Me. L Heunis

Spanbestuurder
Me. D Havenga

Spanbestuurder
Me. E Klopper

Spanbestuurder
Me. C Pinto

Spanbestuurder
Me. V Rossouw
Kempies kan heeljaar hul voete Federer hou op ons pragtige fasiliteite. Tennis is ‘n rakketspel wat deur oud en jonk geniet kan word en by Kempies gekenmerk word deur spangees en entoesiasme.
Afrigter: Lebo Tsasayane
Oefentye:
Maandae:
- Beginnersklas; 14h30-15h30
- Spanne: 15h30-17h00
Woensdae:
- Spanne: 15h00-17h00
Kontakpersoon:
Me. Liza Heunis: lheunis@kempies.co.za
HENGEL

Organiseerder
Mnr. R van Winkel
Kempies hengel bied die geleentheid aan voornemende hengelaars om aan te sluit by dié sportsoort. Dit bied ‘n wonderlike geleentheid om jou liefde vir hengel, met erkenning vir dié sportsoort te kombineer. Jy kan letterlik langs die viswaters jou prestasies inkatrol! Hengelklinieke word reg deur die jaar aangebied.
Prestasies:
Kempies hengel nou vir die tweede jaar in die skoleliga en het in 2021 reeds een span na die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi gestuur wat by Chrissiesmeer plaasgevind het.
Afrigters:
| Alle Spanne | Mnr. R van Winkel | Mnr. Louis Nel |
Ontwikkeling vind grootliks plaas in die vorm van hengelklinieke wat deur bekende hengelaars aangebied word soos Johny Longcast in samewerking met Die Oewerhengelaar.
Kontakpersoon:
Mnr. R van Winkel;: rvanwinkel@kempies.co.za
NETBAL

Organiseerder
Me. M. Visagie
Kempies netbal gaan jaarliks van krag tot krag en spog met van die beste afrigters en spelers in Suid–Afrika. Ons besit die vermoë om dogters te ontwikkel tot vaardige en positiewe ambassadeurs, nie net van Kempies nie, maar ook op nasionale gebied.
Ons bied elke dogter die geleentheid om ten volle te ontwikkel. Kempies het 16 gekwalifiseerde afrigters wat deurlopend opleiding ontvang. Kempies het A-spanne tot D-spanne in elke ouderdomsgroep wat deelneem aan die Ekurhuleni A-liga, verskeie vriendskaplike wedstryde, toernooie soos die Klooffees, Menlo Netbaltoernooi en Randburg Netbaltoer.
Ons hou jaarliks ons eie Kempies eerstespantoernooi asook ‘n Laerskole Fast 5-toernooi.
Gauteng spelers 2026:
- Anna-MArt Viljoen 0/17 GSS
- Nadeen Erwee 0/19 Tshwane
Gauteng spelers 2025:
- Angela Umeh 0/17 GSS
- Nadeen Erwee 0/19 Tshwane
Uitslae:
- 2025 Ekurhuleni A-Liga 2de Plek
- 2024 Ekurhuleni A-Liga 3de Plek
- 2018, 2022 Ekurhuleni A-Liga Wenners
O/14 A, o/15 A, o/16 A, 0/17 A en 0/19 A dring deur na die Gauteng uitspele
Afrigters:
- 0/14 A – Marichelle Visagie
- 0/14 B – Anika Combrinck, Charné Groenewald
- 0/14 C & D – Karlien Venter
- 0/15 A – Elzette Opperman
- 0/15 C & D – Jané Naudé
- 0/16 A – Christelle Oosthuizen
- 0/16 B – Suné Blignaut, Calvin de Jager
- 0/16 C & D – Kaylin Roux, Lizell Maritz
- 0/17 A – Monique Redelinghuis
- 0/17 B – Lara Harries
- Eerstes – Marichelle Visagie
- Tweedes – Mellissa Fourie
Voormalige Kempies Internationale Spelers:
- Maryka Holtzhauzen: Protea Netbal, SA Fast 5, verskeie oorsese spanne
- Talja Venter: SA 0/21 en President 12-span, Nasionale span, SA Fast 5
- Marichelle Visagie: SA 0/21, SA 0/19, President XII
- Luscha Pienaar: SA 0/18
Telkom Netball League (TNL):
- Maryka Holtzhauzen (Free State Crinums)
- Marichelle Visagie (Gauteng Golden Fireballs, Gauteng Jaguars, Limpopo Baobabs)
- Talja Venter (Gauteng Golden Fireballs, Spar Smileys)
- Chanté Bester (North-West Flames)
- Kim-Roché Holmes (Gauteng Jaguars, Gauteng Golden Fireballs)
- Luscha Pienaar (Free State Crinums)
- Alicia Oosthuizen (Gauteng Golden Fireballs, Kingdom Stars)
Kontakpersoon:
Me. Marichelle Visagie: netbal@kempies.co.za
KRIEKET

Direkteur
Mnr. J Fourie
Die krieketprogram het gedurende 2025 uitstekende prestasies opgelewer, met spelers en spanne wat op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak presteer het. Ons is trots op elke speler en afrigter wat bygedra het tot die sukses van Kempies-krieket.
Krieket Toekennings
Beste Junior Kolwer
Lohan van Dyk (Graad 8)
• 40 wedstryde
• 1054 lopies
• Kolfgemiddeld van 48
Beste Junior Bowler
Hugo Wilbers (Graad 9)
• 37 paaltjies
• Bowling-gemiddeld van 11 lopies per paaltjie
Beste Senior Kolwer
Sheldon Kruger (Graad 11)
• 40 wedstryde
• 1608 lopies
• Kolfgemiddeld van 55
Beste Senior Bowler
Kristian du Plessis (Graad 12)
• 49 paaltjies
• Bowling-gemiddeld van 15 lopies per paaltjie
Erepenning
Mieke van Voorst (Graad 10)
• Lid van die SA O/19-vrouespan
Die Onder 15-span en 1ste span het die Platinum Oos-Gauteng Liga gewen.
Provinsiale Verteenwoordiging
Onder 14 – Graad 8
Die volgende spelers is opgeneem in die Oos-Gauteng-span:
• Lohan van Dyk
• Kian Wilbers
• Ethan Mackay
• Yarick George
Onder 15 – Graad 9
Die volgende spelers is opgeneem in die Oos-Gauteng-span:
• Tristan Brits
• Tiaan Pretorius
• Phian Botes
• Juanré Jacobs
• Albie Kotze
Graad 10
Die volgende spelers neem as lede van die Oos-Gauteng-span aan die Nasionale Week deel:
• William van den Berg
• Anthony Stockigt
• Deon Lange
Graad 11
Die volgende spelers is lede van die Oos-Gauteng-span:
• Sheldon Kruger
• Eathan Kotze
• Hanro Siemens
• Francois Marais
Graad 12
Kristian du Plessis neem as lid van die Oos-Gauteng-span aan die Nasionale Week deel.
Afrigtingspan
Ons afrigters speel ’n sleutelrol in die ontwikkeling van spelers en die voortgesette sukses van Kempies-krieket.
Provinsiale Afrigtersrolle
• Johan Fourie – Assistent-afrigter van die Oos-Gauteng Nasionale Week-span
• Quintin Olivier – Afrigter van die Oos-Gauteng Onder 16-vrouespan
Span Afrigters
Onder 14
• Johan Fourie
• JJ Havenga
Onder 15
• Quintin Olivier
• Andrew Bosman
3de Span
• Marko van Voort
2de Span
• Nyiko Baloyi
• Jeandre Byleveld
1ste Span
• Johan Fourie
Wat Bied Ons Krieketprogram?
Kempies bied ’n omvattende en mededingende krieketprogram wat spelers die geleentheid gee om hul vaardighede op hoë vlak te ontwikkel.
Ons bied:
• 8 krieketspanne wat deelneem aan die Oos-Gauteng Super Platinum Liga
• Sunrisers Cricket Academy
• Individuele 1-op-1 afrigtingsessies
• Winterontwikkelingsprogram
• Kriekettoere en feeste
Toere en Krieketfeeste
Onder 14A
• Penryn T20-toernooi – Nelspruit
• Steenbokweek – Pretoria
Onder 14B
• Mighty Apies-toernooi – Pretoria
Onder 15A
• Potch Volkies Festival – Potchefstroom
Onder 15B
• Mighty Apies-toernooi – Pretoria
Senior Toere
• Michaelhouse Festival
• DHS Steyers Festival
• NWU-week – Potchefstroom
• Jansen Week – Potch Gimnasium
• Wildeklawer – Diamantveld, Kimberley
• Potch Volkies-week vir 2des en 3des
Kontakpersoon: Mnr. J. Fourie krieket@kempies.co.za
RUITERSPORT

Organiseerder
Mnr. D Da Silva
Ruitersport is ‘n sport waarin Kempies hul kan geniet in die buitelug. Daar word perde beskikbaar gestel vir die ruiters en ‘n eie perd is nie ‘n vereiste nie. Ruiters word volgens hul vermoëns in 7 vlakke ingedeel en hul kan ‘n vlak oorslaan met behulp van die afrigter se leiding.
Dit is uitstekend vir linker- en regterbreinintegrasie- probleme, en is terapeuties as gevolg van die feit dat daar ‘n dier betrokke is. Dit is wetenskaplik bewys dat dit goed vir depressie en angssteurings is.
Gewoonlik word perdry deel van ‘n persoon se identiteit en hul selfbeeld en eiewaarde word versterk. Perde oordeel nie, veral nie waar ons ons kinders as gebalanseerde jongmense wil help groei nie.
Prysgewys is perdry nie duurder as gholf, ballet, of enige ander buitemuurse sporte/aktiwiteite nie, veral as ruiters binne SANESA ry, aangesien daar geen affiliasiekostes is nie.
Ruiters ry gewoonlik op ‘n geleende perd (hul het nie hul eie perd nodig nie), in 4 verskillende kompetisies gedurende die jaar (Februarie, Maart, Junie en Julie).
Kontakpersoon:
Mnr. D Da Silva: ddasilva@kempies.co.za
LANDLOOP

Organiseerder
Me. A Champion
By Kempies is landloop ‘n sportsoort waar elke atleet welkom is! Hier is harde werk en ontwikkeling van elke atleet die boustene van ons sukses.
Ons glo – wanneer dit by landloop – kom dat enige iemand kan! Met min of geen atletiekagtergrond kan atlete in toppresteerders ontwikkel.
Die Kempie landloopatlete is ’n gemotiveerde en gedissiplineerde span wat ’n strawwe oefenprogram volg. Me. Anét Coetzee, ʼn top ASA Vlak 2-afrigter is die landloop- en middelafstandafrigter by Kempies.
Daar word jaarliks ’n oefenkamp gedurende die winterskoolvakansie in Julie gehou. Die doel van die oefenkamp is enersyds om goeie spangees onder die atlete te bou, maar andersyds om elke atleet voor te berei vir die hoogseisoen van landloop wat na die vakansie volg. Daar word ook deurlopend geoefen om die atlete voor te berei vir toekomstige byeenkomste.
Kempies se hoofdoel met landloop is om hardloop en oefen vir die atlete lekker te maak. Ons wil ‘n liefde vir hardloop kweek wat hopelik ‘n leefwyse sal word. Ons werk aan algemene fiksheid wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte. Landloop verg toewyding en verbeter elke atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigdheid.
Prestasies:
Kempies neem jaarliks aan die NWU-kleinsportkampioenskappe deel en eindig in 2021 tweede. Ons spog ook met ligawenners in die D17-distrik vir meer as 10 jaar in ‘n ry.
Oefentye:
Maandae tot Donderdae direk na skool 14:30-15:30.
Kontakpersoon:
Me. A Champion: achampion@kempies.co.za
RINGBAL

Organiseerder
Mnr. D Da Silva
Ringbal word op ‘n netbalbaan gespeel deur seuns en dogters. Die oudomsgroepe is o/15, o/17 en o/18. O/14 en o/16 spelers neem deel in die o/15 en o/17 ouderdomsgroepe. Daar is ‘n liga vir seuns en dogters apart. Kempies skryf jaarliks ongeveer 8 spanne in. Daar is nege spelers in ‘n span met drie reserwes – een per blok.
Ringbal neem deel in die Ekurhuleni-Noord ringbaldistrik en inligting oor die jaarprogram, reëls, kursusse, ligabepalings ens. kan gevind word by: www.enskole.co.za
Die liga vind plaas in die derde kwartaal. Na afloop van die liga word daar in September proewe gehou om ‘n EN-distrikspan te kies wat gedurende die Oktobervakansie aan ‘n SA-skoletoernooi deelneem.
Prestasies:
Kempies ringbal het al vele prestasies bereik:
Jaarliks wen verskeie spanne hul onderskeie ligas of is naaswenners. Kempies word goed verteenwoordig wanneer die EN-distrikspan gekies word, asook wanneer die SA-spanne gekies word.
Kempiespelers het hulself al bekwaam as skeidsregters wat gedurende die skoleliga optree en wedstryde hanteer.
2022 is Kempies die wenners van die prestige uitnodiging Chaampions of Champions toernooi, van beide die seuns en dogters afdelings. Hierdie toernooi word bygewoon deur spanne wat uitgenooi word van reg oor Suid-Afrika wt in hulk onderskeie ligas die wenners was.
Daar was 23 seuns en dogtrers wat EN-klere verwerf het en 17 seuns en dogters wat SA-skole klere verwerf het.
| Geslag | Ouderdom | uitslag |
| Dogters | O/15 A | 1ste |
| Dogters | O/15 B | 4de |
| Dogters | O/17 A | 2de |
| Dogters | O/17 A | 5de |
| Dogters | O/18 A | 3de |
| Seuns | O/17 A | 1ste |
| Seuns | O/17 B | 4de in )/18 Liga |
Kontakpersoon:
Mnr. D Da Silva: ddasilva@kempies.co.za
ATLETIEK

Organiseerder
Me. A Champion

Organiseerder
Mnr. J Petersen
Kontakpersoon
Me. A Champion: achampion@kempies.co.za
Kempies atletiek streef daarna om jong atlete die geleentheid te bied om hul talente te ontdek en te ontwikkel. Met gedugte en ervare afrigters maak Kempies atletiek dit moontlik vir atlete wat ernstig is oor dié sport om hul volle potensiaal te bereik!
Ons beoog om die talente van elke voornemende atleet te identifiseer, in daardie talente te belê en ‘n blywende band met ons atlete te skep om die pad end-uit saam met hulle te loop. Daar word gepoog om afrigting van hoogstaande gehalte te gelewer. Kempies is in die bevoorregte posisie om in elke item ‘n top gekwalifiseerde afrigter te hê.
Afrigters:
- Naelope:
- Mnr. J Peterson
- MiddelAfstande:
- Me. A Smith
- Hekkies
- Me. E Opperman
- Gewigstoot
- Mnr. R van Winkel
- Mnr. A Last
- Skyfwerp
- Mnr. R van Winkel
- Mnr. A Last
- Spiesgooi:
- Buite: Mnr. V van Zyl
- Intern: Mnr. R van Dyk
- Verspring en Driesprong
- Buite: Mnr. M McClintock
- Hoogspring
- Me. A Champion

