Akademie

Sport

Kultuur

Hartklop

Personeel

Hulpbronne

Kontak Ons

INSKRYWINGS OM TOELATING VIR 2026

Inskrywings om toelating vir graad 9-12 in 2026

Beste voornemende Kempie-ouer

Om u kind vir graad 9-12 (2026) by Hoërskool Kempton Park in te skryf moet die volgende stappe gevolg word:

U word versoek om die INSKRYWINGS OM TOELATING vir Hoërskool Kempton Park te voltooi.

Dokumente wat die aansoek moet vergesel:

  • Dokument wat u gaan aflaai op die bladsy
  • Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
  • Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
  • Nuutste rapport of vorderingsverslag;
  • Bewys van adres;
  • Gedeeltelike skoolgeldpaaiement van R 1000.00. Die bedrag vorm deel van 2026 se skoolgeld en is ten volle terugbetaalbaar indien u kind nie by Hoërskool Kempton Park geplaas word nie. Indien u nie die bedrag betaal wanneer die aansoek ingehandig word nie, sal dit nie u kind se aansoek benadeel nie.
    Die gedeeltelike skoolgeldpaaiement kan SLEGS tydens die indiening van die inskrywingsvorm by die skool (per afspraak) betaal word. (GEEN KONTANT)

 

Indien u enige hulp benodig kontak gerus vir Me. Renè Meyer by accounts@kempies.co.za

Ouers word slegs per afspraak op die skoolterrein toegelaat om die aansoek te finaliseer.

Hoe om ‘n afspraak te maak om die dokumentasie in te handig:

  • Stuur ‘n e-pos aan accounts@kempies.co.za met u kind se naam en van asook die datum en tyd wat u graag die skool wil kom besoek.
  • U sal per e-pos bevestiging ontvang of die datum en tyd geleë is.
  • Kempies se kantoorure is:

Maandag – Donderdag: 07:00 – 13:00 en Vrydag 07:00 – 12:00