Akademie

Sport

Kultuur

Hartklop

Personeel

Hulpbronne

Kontak Ons

SKOOLGELDE

Die jaarlikse skoolgeld vir 2025, soos aanbeveel deur die Beheerliggaam en goedgekeur op die Algemene Jaarvergadering van 23 Oktober 2024, is as volg

  • Enigste kind R32 795.00 waarvan R950.00 reeds betaal is in Oktober 2024 en die verskil van R31 845.00 teen R2 895.00 per maand is betaalbaar oor 11 maande vanaf 7 Januarie tot 7 November 2025.
  • Twee kinders of meer R65 590.00 waarvan R1 900.00 reeds betaal is in Oktober 2024 en die verskil van R63 690.00 teen R5 790.00 per maand is betaalbaar oor 11 maande vanaf 7 Januarie tot 7 November 2025.
  • Indien skoolgeld ten volle betaal is teen 31 Desember 2024, sal ‘n afslag van 10% (R3 185.00) vir 1 leerder of (R6 370.00) vir 2 of meer leerders toegestaan word.
  • Indien skoolgeld ten volle betaal is teen 28 Februarie 2025, sal ‘n afslag van 5% (R1 592.00) vir 1 leerder of (R3 184.00) vir 2 of meer leerders toegestaan word.
  • Alle nuwe inskrywings, insluitende Gr.8’s t.o.v 2025 se eerste, nie terugbetaalbare, gedeeltelike skoolgeldpaaiement beloop R950.00, betaalbaar by inskrywing.
  • ‘n Gedeeltelike eerste nie terugbetaalbare skoolgeldpaaiement van R1 000.00 per kind vir 2026 is betaalbaar voor of op 7 Oktober 2025.

Skoolgeld word gehef vir 11 maande vanaf Januarie tot November en is maandeliks betaalbaar voor of op die 7de van elke maand. ‘n Gedeelte van die skoolgeldpaaiement per leerling vir die daaropvolgende jaar, word in September van elke jaar gehef. Alle nuwe leerlinge wat gedurende die loop van 2025 inskryf, betaal ‘n gedeeltelike eerste skoolgeldpaaiement van R950.00 per leerder.

AGTERSTALLIGE SKOOLGELD

Die betaling van skoolgeld is kragtens die Skolewet, 1996 (No 84 van 1996) verpligtend.  Tensy u volgens Art.39 van die Skolewet kwalifiseer vir vrystelling van skoolgeld, sal u aanspreeklik gehou word vir die invordering van skoolgeld. Ouers wat finansiële probleme het met skoolgeldbetaling, kan ‘n kwytskeldingsvorm by die kantoor aanvra en ‘n afspraak met Me. R. Meyer reël.

Ek/ons stem toe dat die skool die persoonlike inligting wat ons aan die skool verskaf, van my/ons en die leerder wat by die skool ingeskryf is te versamel, bewaar en opdateer.

Ek/ons stem in dat die skool die nodige persoonlike inligting slegs vir ‘n wettige doel aan ‘n gemagtigde verteenwoordiger van die skool kan verskaf.

Ek/ons stem verder in dat die skool of die skool se gemagtigde verteenwoordiger redelike stappe mag neem om te verseker dat ons persoonlike inligting volledig, akkuraat en nie misleidend is nie en waar nodig opgedateer mag word.

ELEKTRONIES, INTERNET OF TELEFOONBANK

Stuur asb. duidelike bewyse van die betaling met die leerling se rekeningnommer om verwarring op die bankstaat te vermy. Die bankbesonderhede is soos volg: STANDARD BANK, TJEKREKENING: 002682303, TAKKODE: 051-100. Enige navrae by die bank om die identiteit van ‘n betaling op te spoor, is vir die koste van die betaler.

KREDIET OF DEBIETKAARTE

Die skool beskik oor ‘n krediet/debietkaart fasiliteit.

ELEKTRONIES, INTERNET OF TELEFOONBANK

Om die risiko van kontant se hantering uit te skakel, doen ons ‘n beroep op u om u skoolgeld betalings per debietorder te doen.

HIERMEE ENKELE VOORDELE WAT DIE SISTEEM VIR U INHOU:
  • Geld word nie deur u kind, onderwyser en/of administriewe personeel hanteer nie.
  • Die risiko dat geld verlore kan raak, word uitgeskakel.
  • Debietorder betalings verbeter die kontantvloei van die skool.

 LAAI DEBIETORDEROPDRAGVORM HIER AF

Indien u nog nie deel van die stelsel is nie, versoek ons dat u die debietorder voltooi. Vorms is ook by die kantoor beskikbaar. Indien u debietorder vir die vorige jaar gekanselleer is, moet u weer een voltooi.

Slegs een debietorder per gesin word voltooi. Debietorders vir bestaande leerlinge gaan outomaties voort in die volgende jaar.

Indien die debietorder deur die betrokke bank geweier word, sal die koste daarvan teen u rekening gedebiteer word

SOEK U MEER INLIGTING?

KONTAK ONS

    +27 11 970 2102 / 3 

    ACCOUNTS@KEMPIEFIN.CO.ZA

    skoolgeld@kempies.co.za

 

OF

Voltooi hierdie vorm dan bel ons u terug binne 48 ure.