
Embrace English

English Speech Competitions

Individuele redenaars

Kempies Got Talent

Kunswedstryd

Koor

Leierskap

Mnr. & Mej. Kempie

Revue

Spanredenaars

Toneel
EMBRACE ENGLISH

Organiseerder
Me. H Harmse
The English Department takes part in the National Department’s Nal’ibali reading programme which consists of various projects. In grade 8 and 9 we participate in the “Drop down and Read” day, the “World Read Aloud” day and we commemorate various special days e.g., World Poetry Day on 21 March, World Book Day on 23 April and Mandela Day on 18 July, amongst others.
SALA, the South African Literary Association, hosts a number of annual competitions. In 2022 we have learners from grade 8 to 12 who are taking part in the National Prepared Reading Competition. We are also taking part in the Spelling Bee – something new at Kempies!
Kontakpersoon:
Me. Heidi Harmse: hharmse@kempies.co.za
SPANREDENAARS

Organiseerder
Me. M van Staden
Spanredenaars is een van vele kultuuraktiwiteite wat by die Kempies aangebied word. Dit is ‘n kultuuraktiwiteit wat leerders nie net diversiteit bied nie, maar ook ‘n lewensvaardigheid wat leerders in die toekoms sal bemagtig om gemaklik en vol selfvertroue voor mense te praat, aanleer.
Oor die grade heen is daar nege spanne wat uit vier lede elk bestaan. Die spanne is ‘n samestelling van seuns en dogters wat die doel voor oë het om sáám beoordelaars en gehore van hul bepaalde standpunt te oortuig.
Prestasies:
Kempies spanredenaars spog die afgelope jare met puik prestasies in verskeie kompetisies. In 2021 behaal ons die volgende prestasies:
Interskole Nasionale Redenaarskompetisie
Hoërskool Kempton Park word nasionaal as die top skool vir spanredenaars aangewys
Graad 10-span word as nasionale wenners aangewys
Graad 11-span word as nasionale wenners aangewys
ATKV-DigiSpanpraat
Twee spanne (graad 10 en 12) word as nasionale wenners aangewys
Graad 11-span word as naaswenners aangewys
Radikale Redenaars
Beide graad 12-spanne word as nasionale naaswenners aangewys
Graad 10-span behaal 3e plek tydens die nasionale finale rondte
Beide graad 8-spanne behaal 3e plek tydens die nasionale finale rondte
Oppie Tong Af
Beide graad 9-spanne neem deel op nasionale vlak
Kompetisies:
Ons is baie opgewonde oor die kompetisies wat in 2022 voorlê. Die kompetisies waarna ons uitsien is:
- ATKV DigiSpanpraat
- Radikale Redenaars
- Oppie Tong Af
- Interskole Nationale Redenaarskompetisie
- Artistatue Nationale Redenaarskompetisie
Afrigters:
Alle Spanne
|
Me. Me. |
Me. M Pieterse |
Me. C Mostert Me. L van der Lith |
Me. B Vivier Me. |
Kontakpersoon
Me. M Pieterse: madri@kempies.co.za
INDIVIDUELE REDENAARS

Organiseerder
Me. M Pieterse
Redenaars daag individue uit om op hul voete te dink en hul standpunt op ‘n oortuigende wyse oor te dra. Kempies seuns en dogters praat raak! Hulle kan hul sê, sê… Redenaars bied jou die geleentheid om intelligent, wakker, gefokus en met humor jou gehoor te oortuig.
Talle Kempies het dit al bewys. Ons redenaars ding mee op nasionale vlak, asook in provinsiale en plaaslike kompetisies. Dit skop jaarliks met Kempies se interne redenaars af.
By Kempies bied ons die geleentheid aan sprekers om aan verskeie kompetisies deel te neem:
- Radikaal
- ATKV
- Oppie tong af
- Interskole
Terugvoer van beoordelaars is altyd opbouend en insiggewend! Hierdie aktiwiteit berei leerders voor vir beroepe waar hulle voor mense moet praat en met selfvertoue aan gesprekke kan deelneem.
Kontakpersoon:
Me. Madri Pieterse: madri@kempies.co.za
KEMPIES GOT TALENT

Organiseerder
Me. M Pieterse

Organiseerder
Me. J van Staden
Kempies Got Talent (KGT) is ‘n ware hoogtepunt op Kempies se kultuurkalender. Hierdie skouspel bied die geleentheid aan elke Kempie om hul talente op die verhoog ten toon te stel. KGT bied ‘n platform vir sangers, dansers, akteurs, towenaars en musikante om die talent binne hulself te ontdek, uit te leef en gehore te bekoor.
KGT is ‘n jaarlikse talentkompetisie waar Kempies individueel of in groepe kan inskryf en deelneem. Tydens hierdie spoggeleentheid word leerders se selfvertroue en kreatiwiteit ontwikkel. Bekendes en kundiges uit die vermaaklikheidswêreld word genooi om as beoordelaars op te tree en konstruktiewe terugvoer aan deelnemers te gee.
Nie net is KGT ‘n prettige geleentheid nie, maar ook ‘n leerskool vir Kempies.
Kontakpersoon:
Me. Madri Pieterse: madri@kempies.co.za
TONEEL

Organiseerder
Me. S Gerber
Teater is ‘n uitstekende leerskool vir alle leerders en dit bied ‘n platform vir ontwikkeling. Teater is vir akteurs en aktrises ‘n ware tuiste wat deurlopende leer inspireer. Kempies toneel bied aan elke leerder ‘n avontuur wat hul lewenslank sal bybly. Dit skep ook ‘n platform waar akteurs en aktrises hul verskeidenheid talente kan kom beoefen. Toneel is ‘n veilige plek waar leerders vaardighede – soos hoe om met selfvertoue voor mense te kan praat – ontwikkel.
Hoërskool Kempton Park is opgewonde om elke jaar nuutgeskrewe stukke op die planke te bring. Ons skryf vir verskillende kompetisies in waaronder ATKV Tienertoneel, FAK Allegretto toneelfees en Pronk Podium, om net ‘n paar te noem. Ons spog ook met produksies wat slegs deur leerlinge uitgevoer word.
Prestasies:
Hoërskool Kempton Park se toneelstukke het in die verlede nie net geïnspireer nie, maar verhoë laat bewe. Ons is ongelooflik trots om te kan sê dat ons toneelstukke in die verlede al na provinsiale kompetisies deurgedring het asook as wenners uitgetree het in die 2019 nasionale finaal van Op die Planke–toneelfees. Ons tonele ontvang elke jaar ‘n wavrag toekennings by die verskeie kompetisies vir hul uitstekende optredes.
Afrigters:
Algehele Produksie
|
Me. S Gerber | Me. M Bothma |
Me. N van Huyssteen |
Kontakpersoon:
Me. Marquericke Bothma: mbothma@kempies.co.za
KOOR

Organiseerder
Me. R Cromhout

Organiseerder
Maralie Theron
Die Kempiekoor bestaan uit 105 lede. Die koor doen drie-stemmige werke wat gewyde werk, Afrikamusiek en kontemporêre musiek insluit.
Prestasies in 2022:
Die Kempiekoor het goud verwerf by die ATKV-uitdunne en deurgedring na die landsfinaal.
Hoogtepunte is ‘n jaarlikse koorkamp, deelname aan die ATKV kompetisie, die Tswane Youth Arts Festiva, verskeie koorfeeste en ‘n luiterruke gala-aand in September om die jaar mee af te sluit.
Die koor oefen Maandae vanaf 15:00 in die skoolsaal.
Afrigters:
Herman Swanepoel is die afrigter en dirigent. Benewens die Kempiekoor is hy ook betrokke by die UP Youth Choir, wat die Universiteit van Pretoria se jeugkoor is. Hy doseer sang by Pretoria Girls’ High en is ook die afrigter van Girls’ High se koor. Die koor word begelei deur
Morné van der Westhuizen. Hy is ‘n ervare begeleier en komponeer musiek vir die Kempiekoor.
Maak gerus kontak!
Kontakpersoon:
Me. Reinett Cromhout: rcromhout@kempies.co.za
KUNSWEDSTRYD

Organiseerder
Me. A du Plooy

Organiseerder
Me. R Brodie
Sonder dat ons dit besef, is daar ‘n klomp Kempies wat tyd in hulle besige skedule inruim om dramaklasse , kunsklasse, klavier-en sanglesse, orkesoefeninge ens. by te woon. As jy so hard oefen… hoekom nie aan die Eisteddfod deelneem nie?
Kempies neem jaarliks aan verskeie kunswedstryde en Eisteddfods deel soos die Kempton Park Eisteddfod, Pretoria Eisteddfod, Con Spirito, Allegretto, Bedfordview Eisteddfod en National Eisteddfod of South Africa.
Ten spyte van die inperking, het die Kempies steeds van elke moontlike geleentheid gebruik gemaak om te kon deelneem.
Prestasies:
By Kempies is ons baie trots op ons kultuurleerders wat ons nooit teleurstel met hulle Eisteddfod-uitslae nie. Kempies se kultuurlewe blom. Soveel van ons leerders stap weg met Prestige-toekennings asook talle wat afdelings wen. Sou ‘n mens Kempies se deelname aan hierdie aktiwiteite wegneem, sal die Eisteddfod groot verliese rakende talent ly, want ons getalle wat deelneem, is baie hoër as enige ander instansie.
Kontakpersoon:
Me. Anneke du Plooy: Aduplooy@kempies.co.za
LEIERSKAP

Organiseerder
Me. L Ernst
Kempies leierskap poog om leierskapontwikkeling tot ‘n volgende vlak te bevorder deur geleenthede te skep waar leerders leierskapvaardighede aanleer en moet toepas met die doel om te groei tot verantwoordelike, goedontwikkelde individue.
Ons dien die skool deur diens te lewer en die Kempie-lewe lekker te maak deur goedgeordende aktiwiteite te reël vir ons Kempies.
Komitee:
Kempieraad:
Mnr. Allan Henwood
Mnr. Gawie Visagie /me. Marquericke Bothma/ me. Bettie Vivier
VLR:
Me. Madri Pieterse / me. Jolanda van Staden
Prestasies:
Suksesvolle aanbieding van Big Brag by die atletiek, die organisering van die valentynsbal en liefiedans, asook die eerstespan voorstellings, opening en afsluitings, top 10 voorstellings en aantreebladorde.
Kontakpersoon:
Me. Linda Ernst: lernst@kempies.co.za
MNR & MEJ KEMPIE

Organiseerder
Me. M Scholtz

Organiseerder
Me. M Pieterse
Op Kempies se sosiale kalender is Mnr. en Mej. Kempie gewis ‘n hoogtepunt. Dié spoggeleentheid is beslis nie net ‘n skoonheidskompetisie nie. In hierdie proses leer Kempies baie van hulself en leer hulle om onder andere voor ‘n groot gehoor op te tree, uitrustings te modelleer en hoe om jouself te handhaaf wanneer die kollig op jou val.
Deelnemers leer dans, loop op ‘n loopplank, leer iets van verhoogbestuur asook bemarking. 60 leerders kan in 2 groepe deelneem naamlik junior en senior seuns en dogters.
Kempies vermaak die gehoor met hul sjarme, sprankelende persoonlikhede en danspassies. Hierdié is ‘n geleentheid om nie mis te loop nie!
Kontakpersoon
Me. Madri Pieterse: madri@kempies.co.za
REVUE

Organiseerder
Me. M Bothma
Kempies revue het ons kultuurvrate behoorlik aan die gons! Kempies se gesogte revue-groep beloof om ‘n platform te skep vir Kempies met goue stemme en ritme wat deur hul are bruis. Hierdie aktiwiteit bied die geleentheid aan ±80 leerders om hul sang- en danstalente ten toon te stel.
Kempies revue neem op op provinsiale, sowel as nasionale vlak deel. Daar is verskeie kompetisies waaraan die revuegroep deelneem:
- 8-Beats
- Tshwane Jeugkunstefees
- Kaleidoscope
- Nasionale Revue kompetisie
Prestasies:
Kempies het in 2019 ‘n tweede plek by die Nasionale Revue Kompetisie behaal en eerste plek by die 8-Beats kompetisie in Krugersdorp. Kempies dring deur na die finaal van die Kaleidoscope kompetisie, maar kon hulself ongelukkig nie daar verteenwoordig nie; aangesien die finaal op dieselfde aand gehou is as die Nasionale Revue Kompetisie.
As daar ‘n lied in jou hart woed en ritme jou voete lei, kom lê jou oudisie af en word vandag deel van die Kempies revue! Hier kan jy die kunstenaar in jouself ontdek.
Afrigters:
Alle leerders | Me. M Bothma Me. S Gerber |
Me. J Venter Me. N v Huyssteen |
Me. V Rossouw Me. E Krause |
Me. M Scholtz Me. K Dumas |
Kontakpersoon:
Me. Marquericke Bothma: mbothma@kempies.co.za
Me. Rae Brodie: rbrodie@kempies.co.za
ENGLISH DEBATE,
PUBLIC SPEAKING
& SPEECH COMPETITIONS

Organiseerder
Me. D Doman
English Speech Competition:
English Speech Competition is ‘n interne kompetisie waaraan die hele skool deelneem in hul Engels-klasse. Daarna neem die beste sprekers per graad aan die finale rondte deel. Daar word ‘n graadwenner en plekke aangedui. Daar word ook ‘n beste junior en senior spreker, asook algehele beste spreker aangewys wat elk ‘n trofee verower. Daardie wenners ontvang ook verskeie pryse.
Public Speaking:
Ons beste Engelssprekers neem aan eksterne kompetisies, soos Segarona en On the Tip of your Tongue deel. Ons het al sprekers gehad wat op nasionale vlak kompeteer het en as wenners aangewys is.
Model United Nations Debate (Model UN):
Voor Covid het die Kempies aan groot kompetisies soos die MTN Model UN deelgeneem en ‘n derde plek verower het met die beste “Draft Resolutions Document”. Leerders neem in spanne, wat elk ‘n wêreldland verteenwoordig, deel. Die verskeie spanne/skole bespreek ‘n internasionale aangeleentheid wat almal raak, soos bv. die Rusland-Oekraïne konflik. Spanne bespreek die problem volgens die denkwyse, kultuur en standpunte van die land wat hul verteenwoordig. Kempies neem vanjaar weer deel aan ‘n Mini-MUN en beoog om ons eie kompetisie in samewerking met die SAIIA en die Departement van Onderwys te loods.
English Debate:
Kempies neem aan verskeie Engels debatte deel. Kempies debatteer gewoonlik volgens die World Schools ’Debate-formaat.
Prestasies:
2022: Wenners van die Ekurhuleni Noord FET Group Public Speaking
2021: Tweede plek by die SACR Public Speaking Competition
2020: Tweede plek by die Waterwese Public Speaking Competition
Kontakpersoon:
Me. Debbie Doman: Ddoman@kempies.co.za