SLUITKASSIES 2024
Hiermee gee ons graag die prosedure vir Sluitkassie-aansoeke 2024 aan u deur. Daar is egter enkele veranderinge aan die prosedure waarop u moet let. Die elektroniese stelsel sal NIE gebruik word nie. Daar sal dus GEEN elektroniese kommunikasie geskied nie.
Alle aansoeke sal in die eerste week van die 2024 skooljaar afgehandel word. Leerders sal persoonlik vir hul aansoeke verantwoordelik wees. Daar sal op die eerste skooldag by ons matrieks begin word. Die grade sal daarna volgens senioriteit volg. Ons vertrou ons ouers en leerders sal hierdie prosedure verkies. Leerders kan dan onmiddellik hul sluitkassies in gebruik neem en verantwoordelikheid ontvang vir die gebruik daarvan.
Die aansoekvorm is in die kantoor, asook op die Kempie-webtuiste, beskikbaar. Die vorm word deur die leerder ingehandig op die dag waarop aansoeke volgens graad, gaan geskied. Betalings geskied by me Alida de Klerk vanaf Januarie 2024. Aanlynbetalings kan ook vanaf Januarie 2024 gemaak word. Die instruksies hiervoor moet asb. noukeurig gevolg word. Die leerder handig die bewys van betaling sowel as die aansoekvorm in.
GEEN slotte gaan ingehandig word nie. Leerders sal voortaan verantwoordelik wees vir hul sleutels, asook spaarsleutels. Wees asb. bewus van die sekuriteitsrisiko van kodeslotte. Sluitkassies word op eie risiko gebruik. ‘n Leerder is verantwoordelik vir die sluitkassie wat gehuur word.
Sluitkassies kan eers vanaf Januarie 2024 gebruik word, wanneer die aansoekprosedure by me Doman afgehandel is. Slotte wat nou nog op sluitkassies is, moet dringend verwyder word sodat herstelwerk kan plaasvind. Alle slotte wat nog op sluitkassies is teen 5 Desember 2023 sal deur die skool verwyder word. Die spaarsleutels van 2023 kan in die houer voor die kassiere se kantoor afgehaal word.
Die jaarlikse koste van die sluitkassies bly weereens onveranderd om ons ouers tegemoet te kom:
KOSTE PER JAAR | MATES | |
GROOT SLUITKASSIE
|
R180 |
hoogte – 84 cm, breedte – 30 cm en diepte – 42 cm |
KLEIN SLUITKASSIE
|
R150 |
hoogte – 41 cm, breedte – 30 cm en diepte – 42 cm |
Daar is groot en klein sluitkassies beskikbaar by die aantreeblad, kamer 17 en die gimnasium.
LET WEL: Aansoeke vir die blou sluitkassies op die plein word op ‘n ander stelsel bestuur as die sluitkassies by die aantreeblad, kamer 17 en die gimnasium. Navrae kan aan tventer@kempies.co.za gerig word.
BETAAL METODES EN REËLS
ELEKTRONIES, INTERNET OF TELEFOONBANK
Aanlynbetalings of EFT besonderhede is:
Naam van rekeninghouer: HOËRSKOOL KEMPTON PARK
Rekening nommer: 002682303
Tipe rekening: Current Account
|Tak: Carlton Centre
Takkode (elektronies): 051001
Verwysing: 1400/040 LEERDER SE NAAM EN VAN
KONTANT
Kontantbetalings kan gemaak word by die kassiere.
REËLS
1. Die kassies moet ALTYD gesluit bly. Indien slot verwyder word, moet dit dadelik by Me. Doman aangemeld word.
2. Die sluitkas mag slegs VOOR SKOOL, GEDURENDE POUSE EN NA SKOOL besoek word. Geen leerling sal enige ander tyd toegelaat word by die sluitkas nie.
3. Die sluitkas word OP EIE RISIKO gehuur. Die skool kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies van eiendom wat in die kas gebêre word nie.
4. Die huurder is verantwoordelik vir die toestand van die sluitkas terwyl dit gehuur word. Indien beskadig, moet dit onmiddelik aangemeld word. Die huurder sal verantwoordelik gehou word vir herstelwerk of vervanging.
5. As ‘n leerling wederegtelik ‘n kas gebruik, gaan die slot verwyder word. Die inhoud sal geskud word en is loskoopbaar teen R10,00.
6. Die sluitkas moet oopgesluit en ontruim word wanneer die eindeksamen begin sodat dit weer verhuur kan word.
7. Alle huurders van ‘n sluitkas moet die reëls nakom. Die sluitkas self bly die eiendom van die skool en moet as sulks gerespekteer word.
8. Personeel mag inspeksies doen in die teenwoordigheid van leerlinge. Indien leerlinge toegang tot inspeksie sou weier, het die skoolbestuur die reg om die slot te verwyder, sonder die plig om die slot weer te vervang.
9. Gesamentlike verhuring word toegelaat maar onderverhuring is ontoelaatbaar.
10. Indien die terrein gesluit is, is toegang tot kassies verbode.
11. Alle probleme rakende die sluitkasies moet by Me D. Doman aangemeld word.
12. ‘n Spaarsleutel (in ‘n duidelike gemerkte koevert) moet die aansoekvorm vergesel.
13. ‘n Afknipfooi van R10 is betaalbaar as slotte verwyder moet word. Dit word net in uitsondelike gevalle gedoen.
AANSOEKVORM
KONTAK ONS
OF
Voltooi hierdie vorm dan bel ons u terug binne 48 ure.