
Atletiek

Bergfiets

Gholf

Hengel

Hokkie

Jukskei

Krieket

Landloop

Luggeweerskiet

Muurbal

Netbal

Perdry

Rugby

Ringbal

Skaak

Tennis
MUURBAL

Organiseerder
Mnr. H Coetzee
Muurbal is ‘n sport wat balans, koördinasie, uithouvermoë, krag en ratsheid ontwikkel.
Kempies muurbal speel tans in die Judy Rudolph Gedenkliga wat vanjaar vir die eerste keer aangebied word. Die liga bestaan uit 4 skole en maak voorsiening vir eerste tot derde spanne. Ons beoog om in die toekoms hierdie liga dié grootste aan die Oosrand te maak.
Ons doelwit is om ons spelers aan die jaarlikse skoleliga te laat deelneem en om vir elke speler ‘n liefde vir die spel te kweek.
Kempies muurbal is ook bevooreg om op Woensdagaande in die KCC-besigheidsliga te speel. Ons het tans een span wat deelneem, maar beoog om in die toekoms meer spanne in te skryf.
Ons toer ook jaarliks na die NWU-toernooi in Potchefstroom met 6 leerders waar ons teen topskole deelneem.
Kempies muurbal het in die verlede top muurbalspelers opgelewer en ons streef daarna om die kwaliteit van muurbal wat gespeel word op die hoogste standaard te hou.
Kempies is baie trots op ons muurbaltradisies en suksesse. Dit is grootliks te danke aan wyle me. Judy Rudolph. Me. Rudolph was ‘n passievolle afrigter en het spelers met entoesiasme en ywer gemotiveer.
Kontakpersoon:
Mnr. Henno Coetzee: hcoetzee@kempies.co.za
SKAAK

Organiseerder
Me. A. Kruger
Skaak ontwikkel ‘n persoon se breinkrag op verskillende vlakke. Kempies skaak bied die geleentheid om lewenslange vaardighede soos konsentrasiespan, kritiese denke, probleemoplossing en strategiese beplanning aan te leer en te ontwikkel.
Die breinboffins agter die skaakmat kan dus met dié sportsoort ‘n skuif in die regte rigting maak wanneer hul deel word van die Kempies skaakspan.
Prestasies:
PUK-deelname tydlyn:
2016: 5e
2017: 2e
2018: 1e
2019: 1e
2020: Covid
2021: Covid
O/15 en o/18 spanne:
Ligawenners in 2016, 2017, 2018, 2019, 2020 asook 2021.
2 Proteaspelers laaste 5 jaar:
Annika du Plessis en Jan du Plessis
Afrigters:
Alle Spanne | Me. Amanda Kruger | Me. Wilna du Plessis |
Oefentye:
Dinsdae: 14:15 – 15:45
Vrydae: 13:45 – 15:15
Kontakpersoon:
Me. Amanda Kruger: akruger@kempies.co.za
GHOLF

Organiseerder
Mnr. J Bothma
Kempies gholf bied ‘n geleentheid aan alle gholfspelers om in spanverband en individueel deel te neem op alle vlakke en teen topgehalte gholfers en skole.
Prestasies:
Kempies speel elke jaar in die hoërskole EGU-liga in die onderskeie A-, B- en C-afdelings met ses verskillende spanne. Die A- en B-spanne verteenwoordig ook die Kempies in die NWU-gholfreeks wat oor 4 dae gespeel word teen topgehalte skole. Individueel kan jy ook op nasionale vlak deelneem aan die hoërskole EGU interprovinsiale toernooi.
Kempies het ‘n oop, gemaklike en lekker gholfkultuur, waar daar vir elke speler die geleentheid geskep word om te ontwikkel en te presteer.
Kempton Park EGU-gholfligabepalings: 2022
A-liga:
28 Februarie: Glenvista
7 & 14 Maart: Reading
25 April: Glenvista
16 & 23 Mei: Kempton Park
30 Mei & 6 Junie: State Mines
13 & 20 Junie: ERPM
25 Julie: Southdowns (playoffs vir IPT)
B- en C-liga:
25 April: Kempton Park
9 Mei: Kempton Park
16 & 23 Mei: Pollock Park
30 Mei: Kempton Park
6 & 13 Junie: Modderfontein
25 Julie: Southdowns (playoffs vir IPT)
Kontakpersoon:
Mnr. Jan Bothma: JBothma@kempies.co.za
HOKKIE

Dogters Organiseerder
Me. M Swanepoel

Direkteur
Mnr. D Da Silva

Seuns Organiseerder
Me. R Keyter
Kempies spog met ‘n trotse en passievolle hokkiekultuur. Kempies hokkie skep die geleentheid vir spelers om vriende te maak en weg te breek van die normale dinge van die lewe terwyl ons op hoë vlak kompeteer.
Kempies hokkie is gegrond op ontwikkeling, gelyke geleenthede, familie en dat elke speler hul Godgegewe talente uitleef. By die Kempies kan elke speler hulself uitleef met die wete dat die persoon langs hulle soos familie is. Ons poog om ‘n kultuur van omgee, opoffering, selfdissipline en deursettingsvermoë te kweek by elke speler. Ons werk hard om elke dag beter te wees as die vorige dag.
Ons afrigters het ‘n passie vir die sport, die kinders en hul ontwikkeling as spelers, maar ook as mense. Ons droom saam met elke speler en probeer om die beste moontlike geleenthede te bied om hierdie drome te bewaarheid. Na afloop van hul skoolloopbaan moet hul daarvan kan getuig dat hokkie vir hul geleenthede geskep het om te groei as mens en speler, en dat dit herinneringe sal wees waarna hulle sal verlang.
Wat bied ons?
- Kempies Astro (geopen in 2022)
- Binnenshuise hokkiebaan (geopen in 2020)
- Provinsiale afrigters: M Swanepoel, D da Silva
- Spesialis doelwagterafrigting
- Gimnasium
Algehele Prestasies:
Dogters:
- SA skolespeler: Charlize Jonker
- Kempies neem jaarliks deel aan groot toernooie soos Noordvaal, Pullen & Howell
- 3 maal Direkteurstrofeewenners (nou bekend as Noordvaaltrofee)
- Speel in die Easterns premierliga.
- Neem deel aan die JHL en HJ toernooie
Seuns:
- Kempies neem jaarliks aan groot toernooie deel soos Noordvaal, Aitken & Boden
- Speel in die Easterns premierliga
- Neem ook deel aan die JHL en HJ toernooie
Prestasies 2022:
- Dogters: 9 Spanne
- Seuns: 5 Spanne
- o/16 A Dogters – Naaswenners Pullen & Howell A-toernooi
- o/15 A Dogters – Naaswenners Noordvaal B-toernooi
- o/16 B Dogters – Ligawenners
- o/14 A Seuns – Kwartfinaal Noordvaal B-toernooi
Provinsiale spelers:
Dogters: |
Seuns: |
o/18 A – Ashleigh Doster o/16 A – Jessica Stuthers (K) Zelda Pretorius (K) o/16 B – Abigail Grobler (K) |
o/18 B – Jayden van Vuuren Jacey Labuschagne Neil Neumann o/14 B – Gillaume Botha Jovan van der Walt |
Afrigters:
Dogtershokkie
O/14 |
Mnr J van Heedern |
Me. K Dumas |
O/15 | Me. R Keyter Me. S du Toit |
Me. M Koekemoer |
O/16 | Mnr. B Nunn Me. S Cronje |
Me. A Horn |
Tweedes | Me. J Bezuidenhout Me. M Pretorius |
|
Eerstes | Me. M Swanepoel | Me. D da Silva |
Seunshokkie
O/14 | Mnr. G van Heerden | Me. M Lourens |
O/15 | Me. A Naudé | |
O/16 | Mnr. Y v Rensburg | |
Tweedes |
Mnr. S Pelser |
Me. W van Blerk |
Eerstes | Mnr. R Schoeman | Mnr. D Scribante |
Kontakpersoon:
Direkteur: Mnr. Dolan Da Silva: ddasilva@kempies.co.za
Dogters: Me. Melanie Swanepoel: mswanepoel@kempies.co.za
Seuns: Me. Roxanne Keyter: rkeyter@kempies.co.za
JUKSKEI

Organiseerder
Me. C Minnaar
Jukskei is ‘n kleiner tradisionele sport wat in ‘n span van 4 lede gespeel word, met skeie en ‘n pen in ‘n sandput. Die doel is dat die pen platgegooi moet word met die skei. Die spanne speel teen mekaar en kan mekaar se punte uitkanselleer. Die doel is om ‘n skof van 21 punte te bereik. As jy meer as 21 punte kry, bars die span en moet jy van voor af begin. Juksei raak toenemend gewild in die laerskole. Net so neem dit toe in gewildheid toe by Kempies. Ons is opgewonde oor die groeiende belangstelling in hierdie sport.
Prestasies:
Kempies het nog altyd goed presteer in jukskei en die o/16 dogterspan was in 2019 ligawenners. Deelname in 2020 was nie moontlik nie vanweë Covid-19.
In 2021 het die o/19 gemende span ‘n silwermedalje verwerf by die Oos-Gautengliga en die o/16 dogterspan het ‘n bronsmedalje verwerf. Vyf Kempies is daardie dag as spelers van die dag aangewys vir uitmuntende spel.
Sewe leerders verwerf Oos-Gautengkleure in 2021
Die nasionale kampioenskappe het in Desember 2021 plaasgevind en Tessa Visser verwerf nasionale kleure vir jukskei. Sy is ook opgeneem in die SA A-span sowel as die SA-toerspan.
In 2022 verwedrf die o/19 Dogterspan ‘n silwermedalje by die Oos-Gauteng kampioenskap. Die O/16 Dogters, asook die O/19 gemengde span behaal ‘n bronsmedalje
Ses leerders ontvang Oos-Gautengkleure in 2022
Dogters o/16:
Chanelle Beukes
Dogters 0/19
Nicole Swart
Kayla Devenish
Seuns o/16:
Sebastian Brümmer
Ewan Pretorius
Ruben Turketti
Jukskei word in die derde kwartaal gespeel en wedstryde vind plaas op Saterdae.
Kontakpersoon:
Me. Christel Minnaar: cv@kempies.co.za
RUGBY

Organiseerder
Mnr. C van Niekerk
Die hartklop van Kempies rugby is die bloktrui. Dit is die droom van menige seun om die bloktrui oor sy kop te trek en vir Kempies uit te draf. Spelers van opponerende spanne weet ook om nie die bloktrui te onderskat nie…
Rugby word op hoë vlak afgerig en gespeel, teen sterk kompeterende skole, onder andere in die Noordvaal skolereeks en die NWU-reeks. Kempies se passievolle afrigters is puik gekwalifiseerd tot op provinsiale vlak. Afrigtingskursusse word deurlopend bygewoon om ons afrigters aan die voorpunt van die nuutste vaardighede te hou.
Spelers word gebrei en het die geleentheid om hulself uit te leef op die rugbyveld, terwyl hul vaardighede optimaal geslyp word. Toere vir al die A-spanne word jaarliks onderneem in hoëprofielreekse om die spangees, kameraderie, dissipline en liefde vir die spel verder te vestig.
In die derde kwartaal word 7’s-rugby ook gespeel.
Kempies beskik oor drie rugbyvelde wat puik onderhou word.
Prestasies:
1989: Beeldtrofeewenners
1993 & 2008: Beeldtrofee naaswenners
2012: Beeldtrofeewenners
2013: Beeldtrofee naaswenners
Afrigters:
O/14 |
GIDEON STANDER |
EWALD MATHEY |
|
RYNO VAN WINKEL |
JEANRU TERBLANCHE |
O/15 |
HENNO COETZEE |
HANRU VAN ROOYEN |
|
MALAN CLAASSEN |
|
O/16 |
AJ PIENAAR |
WERNER BEHR |
|
JAMIE DE BRUIN |
|
3DES |
GAWIE VISAGIE |
JOHAN BESTER |
|
|
|
2DES |
ETIENNE VAN DYK |
MARK GLÄFKE |
|
CHRIS VENTER |
|
1STES |
CLINT VAN NIEKERK |
JACO BINNEMAN |
|
BUCKIE KING |
MARK GLÄFKE |
Kontakpersoon:
Mnr. Clint van Niekerk: cvanniekerk@kempies.co.za
LUGGEWEERSKIET

Organiseerder
Mnr. D Da Silva
Luggeweerskiet is ‘n uitdagende individuele sportsoort wat elke skut se deursettingsvermoë en konsentrasie verbeter. Luggeweerskiet word by Kempies tydens ‘n 2 ure oefensessie aangebied.
Daar is verskillende klasse waarin Kempies kan deelneem naamlik veer, sporter en presisie in die volgende ouderdomsgroepe o/14, o/16 en o/21. Kempies het ook pistoolskuts wat in ouderdomme o/12, o/14 en o/21 deelneem.
Die sport word slegs binnenshuis op ‘n 10m-afstand geskiet in 3 verskillende posisies naamlik lê, staan en kniel. Elke skut benodig sy eie toerusting soos voorgekryf deur die SANSSU-reëls.
Kempieskuts affilieer onder ESSU (Ekurhuleni Skoleskutters Unie) en onder SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutters Unie). SANSSU reguleer ook die sport om te verseker dat daar aan alle internasionale reëls voldoen word. Daar word gedurende die jaar in 6 provinsiale kompetisies en 4 interprovinsiale kompetisies geskiet. Die SA Kampioenskap vind einde September plaas waar die topskuts per provinsie deelneem. Tydends die kompetisie kan skuts hulle nasionale skolekleure verwerf.
Kempieskuts spog met uitnemende prestasies oor die afgelope jare en bou steeds voort op die tradisie. Kempieskuts presteer ook akademies uitstekend.
Prestasies:
Tanya Snyders: Senior Proteakleure
Chantelle Botha: Junior Proteakleure
Beide Tanya en Chantelle verteenwoordig Suid-Afrika ook in verskeie internasionale kompetisies
Simone Mzyk: SANSSU SA’s wenner sporterklas – 2016
Phillip Haussamer: SAARA nasionale 10m rekordhouer sporterklas 2016 en 2e plek; SANSSU wenner
Barend Botha: SANSSU SA’s wenner presisieklas – 2016
Kegan van Niekerk: Verwerf bronsmedalje SANSSU skolekleure – sporterklas 2019
Afrigters:
Alle spanne | Mnr. Gerhardus Nel |
Kontakpersoon:
Mnr. Jandré Coetzee: jandre@kempies.co.za
BERGFIETS

Organiseerder
Me. R Wessels

Spanbestuurder
Me. Y Robb
Bergfietsry is ‘n avontuursportsoort vir seuns sowel as meisies. Die bergfietsryers oefen by ‘n spesifieke fietsrybaan naamlik Riverfields (oorkant Glen Eagle). Kempies se vaardighede op die fiets sowel as hul stamina word uitgedaag en ontwikkel.
Indien jy deel wil word van hierdie ongelooflike sportsoort moet jy jou eie bergfiets (verkieslik ‘n 29-wielgrootte) en valhelm hê.
Prestasies:
Kempies se bergfietsspan kwalifiseer die afgelope 4 jaar om aan die SA Kampioenskappe deel te neem. Ryers neem deel aan die skoleliga sowel as ander bekende wedrenne soos Nissan Trail Seekers, USN sowel as die uitdagende 94.7. Verskeie Kempie bergfietsryers behaal gereeld podiumplekke.
Hier volg ‘n uittreksel van oud-Kempie fietsryers se uitsonderlike prestasies:
Marc Pritzen – wen die o/19 SA skoleliga. In 2021 is hy SA se o/23 padfietskampioen sowel as die SA Kampioen. Hy wen in dieselfde jaar ook die 94.7-wedren. Vanjaar wen Marc die CTC (Cape Town Cycle Tour). Hy ry tans vir Team Honeycomb.
Andries Nigrini wen die finale skof van die Tour Du Cap in die Kaap in 2022. In 2020 eindig hy 5e op SA’s en hy ry tans vir die TEG PRO-fietsspan. Hy behaal ook verskeie prestasies in Europa.
Afrigters:
Alle spanne | Me. Riëtte Wessels | Mnr. Riaan Steyn |
Kontakpersoon:
Me. Riëtte Wessels: rwessels@kempies.co.za
TENNIS

Spanbestuurder
Me. L Maritz

Spanbestuurder
Me. H Harmse

Organiseerder
Me. L Heunis

Spanbestuurder
Y van Staden

Spanbestuurder
Me. M de Klerk

Spanbestuurder
Me. T Wannagat
Kempies kan heeljaar hul voete Federer hou op ons pragtige fasiliteite. Tennis is ‘n rakketspel wat deur oud en jonk geniet kan word en by Kempies gekenmerk word deur spangees en entoesiasme.
Bespreking van fasiliteite:
- Tennisbane kan vanaf Maandae tot en met Saterdae by me. Liza Heunis bespreek word.
- Dit kan uitdaag- of vriendskaplike wedstryde wees. Bv. ‘n Kempie-tennisspeler kan die baan bespreek vir ‘n oefenwedstryd teen sy/haar pa, ma of vriend.
Voordele van dié gerief:
- Dis veilig om by die skool tennis te speel.
- Jy moet gereeld tennis speel om jou vaardighede te verbeter.
- Dit is goed vir jou gesondheid om aktief te wees.
- Dit is gratis!
Toernooie:
- NWU-Tennistoernooi
- GETA-liga
Afrigters:
Alle spanne | Mnr. Juan de Villiers | Mnr. Diaan Lategan |
Oefentye:
Tennisoefening:
Maandae: 14:30-16:00
Woensdae: 14:30-15:30 (beginners) en 15:30-17:00
Kontakpersoon:
Me. Liza Heunis: lheunis@kempies.co.za
HENGEL

Organiseerder
Mnr. R van Winkel
Kempies hengel bied die geleentheid aan voornemende hengelaars om aan te sluit by dié sportsoort. Dit bied ‘n wonderlike geleentheid om jou liefde vir hengel, met erkenning vir dié sportsoort te kombineer. Jy kan letterlik langs die viswaters jou prestasies inkatrol! Hengelklinieke word reg deur die jaar aangebied.
Prestasies:
Kempies hengel nou vir die tweede jaar in die skoleliga en het in 2021 reeds een span na die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi gestuur wat by Chrissiesmeer plaasgevind het.
Afrigters:
Alle Spanne | Mnr. R van Winkel | Mnr. Louis Nel |
Ontwikkeling vind grootliks plaas in die vorm van hengelklinieke wat deur bekende hengelaars aangebied word soos Johny Longcast in samewerking met Die Oewerhengelaar.
Kontakpersoon:
Mnr. R van Winkel;: rvanwinkel@kempies.co.za
NETBAL

Organiseerder
Me. T Venter
Kempies netbal gaan jaarliks van krag tot krag en spog met van die beste afrigters en spelers in Suid–Afrika. Ons besit die vermoë om dogters te ontwikkel tot vaardige en positiewe ambassadeurs, nie net van Kempies nie, maar ook op nasionale gebied.
Ons bied elke dogter die geleentheid om ten volle te ontwikkel. Kempies het 16 gekwalifiseerde afrigters wat deurlopend opleiding ontvang. Kempies het A-spanne tot D-spanne in elke ouderdomsgroep wat deelneem aan die Ekurhuleni A-liga, verskeie vriendskaplike wedstryde, toernooie soos die Kloof fees, asook vanaf 2023 in die irene Seymore Toernooi in Pochefstroom.
Ons hou jaarliks ons eie Kempies eerstespantoernooi asook ‘n Laerskole Fast 5-toernooi.
Prestasies 2021:
Beste o/14 speler: Caylin Olivier
Beste o/15 speler: Bianca Potgieter
Beste o/16 spelers: Suné McCabe en Erin Free
Beste o/17 speler: Clarissa Koekemoer
Beste o/18 speler: Fiona van Dam
Span van die jaar: o/16 A-span (5de by Gauteng)
Twizza SA u/17 Player of the tournament (Beste in SA):
Fiona van Dam
Gauteng Spelers 2021:
- Caylin Olivier o/14
- Sune McCabe o/16
- Erin Free o/16
- Fiona van Dam o/17
Uitslae:
Ekurhuleni-ligawenners 2022
SA Fast 5 o/15 kwalifiseer en wen SA’s 2019
Ekurhuleni-ligawenners 2018
O/14 A, o/15 A, o/16 A dring deur na die Gauteng uitspele:
o/14 A-span eindig 7e in Gauteng
o/16 A-span eindig 5e in Gauteng
Afrigters:
o/14 A | Me. Anke Rheeder |
o/14 B | Me. Liza Marais |
o/14 C | Me. Bianca de Beer |
o/15 A | Me. Dené Bekker |
o/15 B | Me. Danelle Pryor |
o/15 C | Me. Hanlie Johnson |
o/16 A | Me. Anri Oosthuizen |
o/16 B | Me. Chanté van Jaarsveld |
o/16 C | Me. Danielle Havenga |
o/17 A & B | Me. Amori van den Heever |
Eerstes | Me. Talja Venter |
Tweedes | Me. Zelna van der Westhuizen |
Voormalige Kempies internasionale spelers:
- Maryka Holtzhauzen: Protea Netbal, SA Fast 5, verskeie oorsese spanne
- Talja Venter: SA o/21 en President 12-span, Nasionale span, SA Fast 5
- Luscha Pienaar: SA o/18
Telkom Netball League (TNL):
- Maryka Holtzhauzen (Free State Crinums)
- Talja Venter (Gauteng Golden Fireballs, Spar Smileys)
- Chanté Bester (North-West Flames)
- Kim-Roché Holmes (Gauteng Jaguars, Gauteng Golden Fireballs)
- Luscha Pienaar (Free State Crinums)
- Alicia Oosthuizen (Gauteng Golden Fireballs, Kingdom Stars)
Kontakpersoon:
Me. Talja Venter: tventer@kempies.co.za
KRIEKET

Organiseerder
Mnr. G Visagie

Direkteur
Mnr. J Fourie
Daar word dikwels na krieket verwys as die “gentleman’s game”.
Die krieketveld is ‘n plek waar leerders die geleentheid kry om Hoërskool Kempton Park se waardes uit te leef naamlik: respek, omgee, lojaliteit, integriteit, selfdissipline en uitnemendheid.
Kempies krieket streef daarna om uitnemend te presteer en ons beste te gee. Ons wil ons spelers deurlopend ontwikkel en ‘n liefde vir die spel laat kweek. Ons strategie is om spelers se basiese vaardighede te ontwikkel en om hulle toe te laat om gebalanseerde spelers te word wat altyd by die reëls van die spel sal bly.
Prestasies 2021:
Drie provinsiale spelers:
Jayden Mostert en Christiaan Conradie Easterns o/19-A
Ivahn van der Merwe Easterns o/16
Mnr Johan Fourie – Assisstent afrigter Easterns o/19-A
Afrigters:
o/14 | Mnr. Johan Fourie | Mnr. Gideon Visagie Mnr. Zander Smith |
o/15 | Mnr. Johan Fourie Mnr. Nyiko Baloyi |
Mnr. Gideon Visagie Mnr. Guillaume v Niekerk |
o/16 | Mnr. Quintin Olivier | Mnr. Nyiko Baloyi |
Eerstes Tweedes |
Mnr. Janneman Bothma | Mnr. Nyiko Baloyi |
Wat bied ons?
- Johan Fourie Krieketakademie
- 8 krieketspanne
- Neem deel aan Easterns Platinum-liga
Kempies krieket gaan in 2022 aan die volgende krieketweke en -toernooie deelneem:
- Woerieweek: 1e en o/15-A
- Finsbury Krieketliga: 1e en o/15-A
- Easterns T20: 1e, o/16-A en o/14-A
- Penryn College T20 Krieketfees: o/14-A en o/14-B
- Uplands College o/15 Krieketfees
- NWU Krieketklub Winterkrieketkliniek: 1e
- Michaelhouse o/17 Krieketfees
Kontakpersoon:
Mnr. G Visagie: gawie@kempies.co.za
PERDRY

Organiseerder
Mnr. J Coetzee
Perdry (ruitersport) is ‘n sport waarin Kempies hul kan geniet in die buitelug. Daar word perde beskikbaar gestel vir die ruiters en ‘n eie perd is nie ‘n vereiste nie. Ruiters word volgens hul vermoëns in 7 vlakke ingedeel en hul kan ‘n vlak oorslaan met behulp van die afrigter se leiding.
Dit is uitstekend vir linker- en regterbreinintegrasie- probleme, en is terapeuties as gevolg van die feit dat daar ‘n dier betrokke is. Dit is wetenskaplik bewys dat dit goed vir depressie en angssteurings is.
Gewoonlik word perdry deel van ‘n persoon se identiteit en hul selfbeeld en eiewaarde word versterk. Perde oordeel nie, veral nie waar ons ons kinders as gebalanseerde jongmense wil help groei nie.
Prysgewys is perdry nie duurder as gholf, ballet, of enige ander buitemuurse sporte/aktiwiteite nie, veral as ruiters binne SANESA ry, aangesien daar geen affiliasiekostes is nie.
Ruiters ry gewoonlik op ‘n geleende perd (hul het nie hul eie perd nodig nie), in 4 verskillende kompetisies gedurende die jaar (Februarie, Maart, Junie en Julie).
Kontakpersoon:
Mnr. Jandré Coetzee: Jandre@kempies.co.za
LANDLOOP

Organiseerder
Me. A Coetzee
By Kempies is landloop ‘n sportsoort waar elke atleet welkom is! Hier is harde werk en ontwikkeling van elke atleet die boustene van ons sukses.
Ons glo – wanneer dit by landloop – kom dat enige iemand kan! Met min of geen atletiekagtergrond kan atlete in toppresteerders ontwikkel.
Die Kempie landloopatlete is ’n gemotiveerde en gedissiplineerde span wat ’n strawwe oefenprogram volg. Me. Anét Coetzee, ʼn top ASA Vlak 2-afrigter is die landloop- en middelafstandafrigter by Kempies.
Daar word jaarliks ’n oefenkamp gedurende die winterskoolvakansie in Julie gehou. Die doel van die oefenkamp is enersyds om goeie spangees onder die atlete te bou, maar andersyds om elke atleet voor te berei vir die hoogseisoen van landloop wat na die vakansie volg. Daar word ook deurlopend geoefen om die atlete voor te berei vir toekomstige byeenkomste.
Kempies se hoofdoel met landloop is om hardloop en oefen vir die atlete lekker te maak. Ons wil ‘n liefde vir hardloop kweek wat hopelik ‘n leefwyse sal word. Ons werk aan algemene fiksheid wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte. Landloop verg toewyding en verbeter elke atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigdheid.
Prestasies:
Kempies neem jaarliks aan die NWU-kleinsportkampioenskappe deel en eindig in 2021 tweede. Ons spog ook met ligawenners in die D17-distrik vir meer as 10 jaar in ‘n ry.
Oefentye:
Maandae tot Donderdae direk na skool 14:30-15:30.
Kontakpersoon:
Me. Anet Coetzee: acoetzee@kempies.co.za
RINGBAL

Organiseerder
Mnr. D Scribante
Ringbal word op ‘n netbalbaan gespeel deur seuns en dogters. Die oudomsgroepe is o/15, o/17 en o/18. O/14 en o/16 spelers neem deel in die o/15 en o/17 ouderdomsgroepe. Daar is ‘n liga vir seuns en dogters apart. Kempies skryf jaarliks ongeveer 8 spanne in. Daar is nege spelers in ‘n span met drie reserwes – een per blok.
Ringbal neem deel in die Ekurhuleni-Noord ringbaldistrik en inligting oor die jaarprogram, reëls, kursusse, ligabepalings ens. kan gevind word by: www.enskole.co.za
Die liga vind plaas in die derde kwartaal. Na afloop van die liga word daar in September proewe gehou om ‘n EN-distrikspan te kies wat gedurende die Oktobervakansie aan ‘n SA-skoletoernooi deelneem.
Prestasies:
Kempies ringbal het al vele prestasies bereik:
Jaarliks wen verskeie spanne hul onderskeie ligas of is naaswenners. Kempies word goed verteenwoordig wanneer die EN-distrikspan gekies word, asook wanneer die SA-spanne gekies word.
Kempiespelers het hulself al bekwaam as skeidsregters wat gedurende die skoleliga optree en wedstryde hanteer.
2022 is Kempies die wenners van die prestige uitnodiging Chaampions of Champions toernooi, van beide die seuns en dogters afdelings. Hierdie toernooi word bygewoon deur spanne wat uitgenooi word van reg oor Suid-Afrika wt in hulk onderskeie ligas die wenners was.
Daar was 23 seuns en dogtrers wat EN-klere verwerf het en 17 seuns en dogters wat SA-skole klere verwerf het.
Geslag | Ouderdom | uitslag |
Dogters | O/15 A |
1ste |
Dogters | O/15 B |
4de |
Dogters | O/17 A |
2de |
Dogters | O/17 A |
5de |
Dogters | O/18 A |
3de |
Seuns | O/17 A |
1ste |
Seuns | O/17 B |
4de in )/18 Liga |
Kontakpersoon:
Mnr. Dawid Scribante: dscribante@kempies.co.za
ATLETIEK

Organiseerder
Mnr. L Archer
Kempies atletiek streef daarna om jong atlete die geleentheid te bied om hul talente te ontdek en te ontwikkel. Met gedugte en ervare afrigters maak Kempies atletiek dit moontlik vir atlete wat ernstig is oor dié sport om hul volle potensiaal te bereik!
Ons beoog om die talente van elke voornemende atleet te identifiseer, in daardie talente te belê en ‘n blywende band met ons atlete te skep om die pad end-uit saam met hulle te loop. Daar word gepoog om afrigting van hoogstaande gehalte te gelewer. Kempies is in die bevoorregte posisie om in elke item ‘n top gekwalifiseerde afrigter te hê.
Prestasies:
Kempies eindig algeheel 9de by die Twizza super skole finaal in 2022
Kempies eindig 6de by die Super Interhoër en met die prestasie bly ons in die A-afdeling van die NWU Super Interhoër
10 atlete het aan die Suid Afrikaanse skole kampioenskappe deelneem en 11 atlete wat aan ASA klub kampioenskappe gaan deelneem.
Toppresteerders by SA’s
Franco Hatting | goud in die 300m hekkies seuns o/15 |
silwer in die 100m hekkies seuns o/15 | |
Sune Greeff | brons in verspring dogters o/17 |
Courtney Heymans | 4de in spiesgooi dogters o/19 |
Cassidy Bosman | 4de in die1500m hindernis Dogters o/15 |
Ewan Lourens | 5de in die 1500m seuns o/15 |
Lu Chelle Breedt | 5de in die 400m hekkies dogters o/17 |
Abigail Grobler | 6de in spiesgooi dogters o/15 |
Jaydyn Homem De Gouveia | 6de in 400m dogters o/15 |
AJ Meyer | 8ste in 2000m hindernis seuns o/17 |
Caylin Olivier | 8ste in Gewigstoot dogters o/15 |
Afrigters:
Middel- en langafstande | Me. A Coetzee | |
Worpe (gewigstoot en skywerp) |
Mnr. W Behr | |
Hoogspring | Me. A Salim | |
Naellope | Me. J Bezuidenhout | Mnr. C Lawless |
Hekkies | Mnr. M Glafke | |
Spiesgooi | Me. A vd Heever | |
Hekkies en verspring | Mnr. C Lawless |
Kempies het ‘n atletiekklub gestig waar atlete die geleentheid kry om aan meer byeenkomste deel te neem, onder andere aan die ASA-klubkampioenskappe. Die klub staan bekend as Speed Quest Atletiekklub.
Kontakperson
Mnr. L Archer: atletiek@kempies.co.za