Om u kind vir 2025 by Hoërskool Kempton Park in te skryf moet die volgende stappe gevolg word:
U word versoek om die aanlyn AANSOEK OM TOELATING vir Hoërskool Kempton Park te voltooi.
Registreer uself op die bladsy, waarna u ‘n tydelike wagwoord per SMS sal ontvang om sodoende die res van die aanlynaansoek te voltooi. Voltooi asseblief die aansoek volledig. Sodra u die aansoek aanlyn ingedien het sal u en die skool bevestigings per e-pos ontvang.
Dokumente wat die aansoek moet vergesel:
Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
Nuutste rapport of vorderingsverslag;
Bewys van adres;
Gedeeltelike skoolgeldpaaiement van R 950.00. Die bedrag vorm deel van 2025 se skoolgeld en is ten volle terugbetaalbaar indien u kind nie by Hoërskool Kempton Park geplaas word nie. Indien u nie die bedrag betaal wanneer die aansoek ingehandig word nie, sal dit nie u kind se aansoek benadeel nie. Die gedeeltelike skoolgeldpaaiement kan SLEGS tydens die indiening van die aansoekvorm by die skool (per afspraak) betaal word.
Ouers word slegs per afspraak op die skoolterrein toegelaat om die hardekopie aansoek om toelating en dokumente te kom inhandig
Hoe om ‘n afspraak te maak om die dokumentasie in te handig:
Stuur ‘n e-pos aanaccounts@kempies.co.zamet u kind se naam en van asook die datum en tyd wat u graag die skool wil kom besoek om die inhandiging te kom doen.
U sal per e-pos bevestiging ontvang of die datum en tyd geleë is.